In die Griekse mitologie was Oeagros (Grieks: Οἴαγρος, Oíagros, "van die wilde-appel [Torminalis glaberrima]) 'n koning van Thracië en die vader van Orfeus.
Biografie
Koninkryk Daar bestaan verskeie weergawes betreffende waar Oeagrus se domein eintlik geleë was. In een weergawe het hy oor die Edonise koninkryk in die streek Migdonië regeer. Hy is ook verbind met Pieria, verder wes, of die omgewing van die Hebrus-rivier na die ooste. Laasgenoemde word ter ere van hom 'Oeagria' genoem.
Familie In die weergawe wat Oeagros in Pieria plaas, word sy vader aangegee as Koning Pieros en die nimf Methone.Of the Origin of Homer and Hesiod and their Contest, Fragment 1, 314 Hy word beskryf as " 'n Thraciese wyngod, wat self afstam van Atlas." Volgens Suda was Oeagros deel van die vyfde generasie na Atlas, deur Alkjone (/ælˈsaɪ.əniː/; Oudgrieks: Ἀλκυόνη, verlatyn: Alkyóne), een van Atlas se dogters.Suda, s.v. Orfeus Dit kan deur die volgende stamboom verduidelik word: (1) Atlas by die Plejade Plejone — (2) Alkjone by Poseidon — (3) Aethusa by Apollo — (4) Linus of Eleuther — (5) Pieros by Methone — Oeager. Dit word ondersteun deur die genealogiese orde volgens die historikus Charax, wat soos volg is: Aethusa die Thraciër was die moeder van Linus, vader van Pieros, vader van Oeagros.Suda Ensiklopedie s.v. Homeros.
In die weergawe wat hom in Edonië plaas, is hy die seun van Charops, 'n aanhanger van Dionusos; Charops is deur Dionusos uitgenooi om oor die Edoniërs te regeer na die geweldadige dood van Lycurgus, hul koning. Oeagros is ook soms die seun van die god Ares genoem, wat geassosieer is met Thracië.Nonnus, Dionysiaca XIII.428
Oeagros en die Muse KalliopeOvidius, Ibis 484; Hyginus, Astronomica 2.7.1; Konon, Verhale 45 (Fotios); Tzetzes oor Lycophron, 831; Anthologia Graeca 7.8 & 7.10; Argonautica Orphica 73 & 1369Scriptores rerum mythicarum Latini. red. G.H. Bode, i. pp. 26, 90 met die eerste en tweede Vatikaanse mitograaf as gesag of Clio of PolyhymniaSkolia oor Apollonius Rhodius, Argonautica 1.23 was die ouers van OrfeusApollonius Rhodius, Argonautica 1.570, 2.703, 4.905 & 4.1193; Athenaeus, Deipnosophistae 13.71; Hyginus, Verhale 14, 14.5, 251 & 273; Statius, Thebaid 5.343; Eusebius, Voorbereidings vir die Evangelie, 1.63; Clemens van Alexandrië, Protrepticus 7, p. 63, red. Potter; Arrianus, Anabasis van Alexander 1.11.1 en Linos.Bibliotheca 1.3.2 & 1.9.16 Hy is naby Pimpleia, Berg Olimpus, getroud met Kalliope.Apollonius Rhodius, Argonautica 1.23-34 Orfeus se susters staan bekend as die Oeagrides, op soortgelyke wyae as die Muses.Moschos, Gedigte 3.17 Die vader van Orfeus word somtyds aangegee as Apollo. Oeagros word ook aangegee as die vader van Marsyas.Hyginus, Verhale 165
Mitologie In Nonnus se Dionysiaca, konstateer die outeur dat Oeagros sy stad Pimpleia op die Bistoniese plein opgegee het en die veldtog van Dionusos teen die Indiese mense gevolg het. Hy het sy pasgebore seun, Orfeus, in die hande van sy metgesellin Kalliopeia gelos.Nonnus, Dionysiaca 13.428 "Die dapper seun van Ares, Oeagros, het sy stad Pimpleia op die Bistoniese vlakte opgegee en by die roete aangesluit. Hy het Orfeus op Kalliopeia se knieë gelos, 'n kleintjie wat belangstel in sy moedersmelk, nog 'n nuwe ding vir hom. "Nonnus, Dionysiaca 13.428-431 Oeagros is ook beskryf as 'n sanger en harpspeler, en 'n bekwame vegter tydens hierdie avonture.Nonnus, Dionysiaca 19.70, 19.100, 19.112, 22.168 & 22.188 "Toe Bromios gepraat het, het Oeagros, 'n harpspeler, 'n man van die koue Bistoniese land, opgespring, met die veerpen aan sy harp."Nonnus, Dionysiaca 19.69-71"Hy het Oeagros gekroon, en die vader van Orfeus het met sy voete op die grond gestamp, terwyl hy die ongetemde bul, die prys van die sang, met vreugde aanvaar terwyl sy metgeselle in 'n ry om hom dans."Nonnus, Dionysiaca 19.112-115Oeagros het ook die donker menigte vegters terug geslaan, hy was onversadigbaar, en het die rye mans in repe gesny, terwyl hy die falanks van flitsende helms met sy Bistoniese swaard gesny het."Nonnus, Dionysiaca 19.168-170Nonnus, Dionysiaca 22.320-353
Naamgenote Oeagrus-strand in Antarktika is vernoem na die mitiese koning.
Verwysings
Bronne Kathleen Freeman. The Pre-Socratic Philosophers. Oxford: Basil Blackwell, 1946.
Kategorie:Mitologie