Marilyn Monroe (1 Junie 1926 – 4 Augustus 1962) was 'n Amerikaanse aktrise, sangeres, model en rolprentvervaardiger.

Lewe duimnael|links|Monroe in Gentlemen Prefer Blondes (1953). duimnael|links|Monroe tree voor Amerikaanse troepe op.

Ná sy 'n groot deel van haar jeug in weeshuise deurgebring het, het Monroe haar loopbaan as 'n model begin, wat tot 'n rolprentkontrak in 1946 gelei het. Haar vroeë rolle was klein, maar haar rolle in The Asphalt Jungle (1950) en All About Eve (ook 1950) is goed ontvang en namate haar loopbaan gevorder het, het sy as 'n sekssimbool bekend geword. Sy het lof ontvang vir haar komediese vermoë in rolprente soos Gentlemen Prefer Blondes, How to Marry a Millionaire en The Seven Year Itch. Sy was in die 1950s en 1960s een van Hollywood se gewildste aktrises.

Monroe het dikwels gesukkel om rolle anders as die "dom blondine" te kry en sy het doelbewus probeer om hierdie beeld van haar af te skud. Sy het drie mislukte huwelike gehad: met polisieman James Dougherty (1942–1946), bofbalspeler Joe DiMaggio (1954–1954) en toneelskrywer Arthur Miller (1956–1961). Dit was gedurende haar huwelik met Miller wat sy by die Actors Studio gestudeer het en die maatskappy Marilyn Monroe Productions gestig het. Haar dramatiese rol in William Inge se Bus Stop is deur die kritici geprys en sy het 'n Golden Globe-toekenning gewen vir haar rol in Some Like it Hot.

Dood Die laaste jare van Monroe se lewe was gevul met gesondheidsprobleme, persoonlike probleme en 'n reputasie as 'n onverantwoordelike en moeilike medewerker. Daar word steeds gegis oor die omstandighede van haar dood, as gevolg van 'n oordosis barbiturate. Alhoewel haar dood amptelik as 'n "waarskynlike selfmoord" geklassifiseer word, word die moontlikheid van 'n dood per abuis nie buite rekening gelaat nie. Samesweringsteoritici beweer dat sy vermoor is.

In 1999 het Monroe op die sesde plek van die American Film Institute se ranglys van die grootste vroulike sterre van alle tye verskyn.

Filmografie thumb|Monroe poseer vir fotograwe tydens die verfilming van The Seven Year Itch, September 1954.

Rolprente 1947: Dangerous Years 1948: Scudda Hoo! Scudda Hay! 1948: Ladies of the Chorus 1949: Love Happy 1950: A Ticket to Tomahawk 1950: The Asphalt Jungle 1950: All About Eve 1950: The Fireball 1951: Right Cross 1951: Home Town Story 1951: As Young as You Feel 1951: Love Nest 1951: Let's Make It Legal 1952: Clash by Night 1952: We're Not Married! 1952: Don't Bother to Knock 1952: Monkey Business 1952: O. Henry's Full House 1953: Niagara 1953: Gentlemen Prefer Blondes 1953: How to Marry a Millionaire 1954: River of No Return 1954: There's No Business Like Show Business 1955: The Seven Year Itch 1956: Bus Stop 1957: The Prince and the Showgirl 1959: Some Like It Hot 1960: Let's Make Love 1961: The Misfits 1962: Something's Got to Give

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse modelle Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Amerikaanse dade van selfmoord Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 1962