Christus am Ölberge (Afrikaans: Christus op die Olyfberg ), op. 85, is 'n oratorium deur Ludwig van Beethoven wat die innerlike konflik uitbeeld wat Jesus voor sy kruisiging in die tuin van Getsemane beleef het. Beethoven het werk aan die oratorium in die herfs van 1802 begin, kort ndat hy die Heiligenstadt-Testament geskryf het – aldus bewyse in die Wielhorsky-sketsboek. Die libretto in Duits is deur die digter Franz Xaver Huber, redakteur van die Wiener Zeitung, met wie Beethoven nou saamgewerk het. Dit is in 'n baie kort tydperk gekomponeer: In 'n brief aan Breitkopf & Härtel, wat Beethoven kort ná die voltooiing van die oratorium geskryf het, het hy gemeld dat hy dit in 'n paar weke gekomponeer het, hoewel hy later beweer het dat hy nie meer as 14 dae nodig gehad het om die werk te voltooi nie.Forbes, E. (red.). 1967. hayer's Life of Beethoven. Princeton, NJ: Princeton University Press, bl. 328. Dit is vir die eerste keer op 5 April 1803 in Wene in die Theatre an der Wien uitgevoer;Sien Forbes 1967, bl. 328. in 1811 het Beethoven dit weer hersien vir publikasie deur Breitkopf & Härtel. Die tien jaar wat verloop het sedert die komposisie van die oratorieym en die publisering daarvan het daartoe gelei dat 'n relatief later opusnommer daaraan gegee is. Die stuk het in 1809 in die VSA gepremière; dit was Beethoven se eerste sukses in die Verenigde State.Boyle, M. 2011. Beethoven in America. Bloomington: Indiana University Press, bl. 21.

Komposisie Die werk is 'n dramatiese oratorium en word beskou as 'n baie meer humanistiese uitbeelding van Christus se passie,Stapert, C. 2015. Images of Christ in Post-Enlightenment Oratorios. In: Murphy, F.A. (red.). The Oxford Handbook of Christology. Oxford: Oxford University Press, bl. 465. vergeleke met ander toonsettings, byvoorbeeld dié deur Bach. Dit eindig wanneer Jesus persoonlik sy lot aanvaar en die klem op sy eie besluit plaas eerder as op die latere kruisiging of opstanding. Die oratorium is getoonset vir sopraan-, tenoor- en bassolis, met SATB-koor en simfonieorkes. Die rol van Jesus word deur die tenoor gesing, met die sopraan as 'n serafsengel en die bas as Petrus. 'n Volledige uitvoering duur ongeveer 50 minute lank.

Christus am Ölberge is Beethoven se enigste oratorium, en hy was taamlik krities oor sowel die werk self as die gehalte van die orkes en koor tydens die première. Hy het Huber se libretto verkleineer en in 'n brief aan die Gesellschaft für Musikfreunde in 1824 geskryf (uit die Duits vertaal): "Laat ons die waarde van gedigte van hierdie soort buite rekening laat. Ons weet almal dat daar voorsienings gemaak moet word ... dus, sover dit my betref, sou ek eerder Homeros, Klopstock [of] Schiller toonset. As daar probleme [met hul tekste] is wat oorkom moet word, is hierdie onsterflike digters dit ten minste waardig." (Beethoven het byna twintig jaar ná die oratorium uiteindelik wel 'n werk van Schiller getoonset: die monumentale Negende Simfonie.) Breitkopf & Härtel het met Beethoven se kritiese beoordeling van die teks saamgestem,Sien Forbes 1967, bl. 886. en Christian Schreiber is ingespan om beduidende veranderinge aan die libretto te maak. Nadat Beethoven die wysigings nagegaan het, was hy egter steeds ongelukkig en het gesê: "Ek weet dat die teks uiters sleg is, maar as selfs 'n slegte teks as 'n hele entiteit bedink word, is dit baie moeilik om te verhoed dat dit deur individuele regstellings onderbreek word."

Ontvangs Die kritiese reaksie op die werk se aanvanklike uitvoering was gemeng: Hoewel die resensent van die Zeitung für die Elegante Welt gemeen het dat die oratorium 'n paar bewonderenswaardige gedeeltes bevat, het die resensent van die Freymüthige Blätter die stuk te kunsmatig in struktuur en sonder uitdrukkingsvermoë beskou, veral in die vokale musiek, en beweer dat die uitvoering nie werklik merkbare goedgekeur kan word nie.Sien Forbes 1967, bl. 330. Die werk het sedertdien ietwat in die vergetelheid geraak en word dus selde uitgevoer. Die rede hiervoor is dat die sommige musici dié werk as benede Beethoven se gewone uitnemendheid beskou. Ten spyte van Beethoven se eie bedenkinge oor die libretto, is die werk ná die 1803-première nog vier keer in 1804 uitgevoer en elke jaar herhaal – altyd voor 'n volle gehoor – totdat dit in 1825 deur die Hofmusikgraf verbied is.Haight, F. 1998. Beethoven's Christ on the Mount of Olives – Gethsemane, as Schiller would treat it. Fidelio VII(3): 12. Geraadpleeg op 5 Maart 2024. Sien Forbes 1967, bl. 331.

Die finale koor, "Welten singen ...", het 'n mate van gewildheid op sy eie geniet, wat gewoonlik as 'n "Halleluja " gesing word. Dit word gereeld deur kerk-, hoërskool- en kollegekore uitgevoer.

Opnames JaarSoliste(Jesus, Seraph, Peter)Dirigent, orkes en koorEtiket1957Fritz Wunderlich,Erna Spoorenberg,Hermann ScheyHenk Spruit,Radio Philharmoniese Orkes en die Groot OmroepkoorBellaVoce1962Jan Peerce,Maria Stader,Otto WienerHermann Scherchen,Weense Staatsopera-orkes en die koor van die Weense AkademieWestminster1963Reinhold Barthel,Liselotte Rebmann,August MessthalerJosef Bloser,Stuttgart Filharmonie en die Suid-Duitse KoorgemeenskapVox/Turnaboutc.1964Richard Lewis,Judith Raskin,Herbert BeattieEugene Ormandy,Philadelphia Orkes en die Temple-universiteitskoreColumbia Masterworksc.1965Radko Delorco,Margit Opawsky,Walter BerryHenry Swoboda,Weense Staatsopera-orkes en die koor van die Weense AkademieConcert Hall Society1970Nicolai Gedda,Cristina Deutekom,Hans SotinVolker Wangenheim,Orkes en kore van die Beethoven-saal Bonn en koreEMI1970James King,Elizabeth Harwood,Franz CrassBernhard KleeWeense Simfonieorkes en Weense SingvereinDeutsche Grammophon1970József RétiSylvia Geszty,Hermann Christian PolsterHelmut KochBerlynse RadiosimfonieorkesEterna1992James Anderson,Monica Pick-Hieronimi,Victor van HalemSerge BaudoOrchestre National de Lyon, met koorHarmonia Mundi1994Michael Brodard,Maria Venuti,Keith LewisHelmuth RillingBach-Collegium Stuttgart en dieGächinger KantoreiHänssler Classic2000Steve Davislim,Simone Kermes,Eike Wilm SchulteChristoph SperingDas Neue Orchester en Chorus Musicus KölnOpus 1112004Plácido Domingo,Ľuba Orgonášová,Andreas SchmidtKent NaganoDuitse Simfonieorkes Berlyn en die Berlynse RadiokoorHarmonia Mundi2020Pavol Breslik,Elsa Dreisig,David SoarSimon RattleLonden Simfonieorkes en -koorLSO Live

Verwysings

Eksterne skakels

Duitse libretto van Christus am Ölberge