Loodkarbonaat is 'n chemiese verbinding met formule . Dit is 'n sout van lood is sy oksidasietoestand +2 en koolsuur.
Dit word industrieel uit lood(II)asetaat en koolstofdioksied vervaardig en kom ook natuurlik as die mineraal cerussiet voor.
Kristalstruktuur Loodkarbonaat kristalliseer in die ortorombiese aragoniet-struktuur wat die kode G0 van die strukturbericht-klassifikasie dra.
Chemiese eienskappe In heet water word 'n basiese karbonaat gevorm:
Op loodpype wat aan water blootgestel word wat karbonaatione bevat, word 'n lagie loodkarbonaat gevorm wat die pyp vir korrosie behoed. In water wat 'n hoë konsentrasie koolstofdioksied bevat, kan egter die waterstofkarbonaat gevorm word wat goed oplosbaar is:
Gebruike Dit word as 'n polimerisasiekatalisator gebruik. Dit kataliseer die polimerisasie van formaldehied tot hoëmolekulêregewig (semi)kristallyne poli(oksimetileen).
Ander gebruike is: uithardingsmiddels vir silikonharse; *hittebestande smeermiddels loodbatterye draadversterkte slange termistors en hittestabiliseerders vir PVC-polimere
Verwysings
Karbonaat Kategorie:Anorganiese verbindings