Cephalophyllum parvulum was 'n klein vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en het in die Wes-Kaap by Clanwilliam voorgekom. Die spesie is laas in 1896 gesien; die grootste gedeelte van die Clanwilliam omgewing is ontwikkel vir dorpsgebruik, gewasverbouing en die Clanwilliamdam het ook 'n groot gedeelte van sy habitat oorgeneem. Dit word as uitgestorwe beskou.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
parvulum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika