Cephalophyllum parviflorum is 'n klein vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Saldanhabaai tot by Milnerton voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en is deel van die fynbos. Daar was vyf subpopulasies bekend maar drie is uitgewis en die oorblywende twee is gefragmenteer en hulle getalle verminder steeds weens landbou aktiwiteite en voorstedelike ontwikkeling.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

parviflorum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika