Soon-Yi Previn (gebore omstreeks 8 Oktober 1970 as Oh Soon-hee, Koreaans: 오순희) is die aangenome dogter van die aktrise Mia Farrow en musikant André Previn. Sy is getroud met die rolprentregisseur Woody Allen, saam met wie sy twee kinders aangeneem het.

Volgens Previn en Allen het hulle hulle verhouding begin nadat hy sy verbintenis van 10 jaar met Farrow beëindig het, toe Previn 21 jaar oud was. Hulle verhouding het in 1992 voorbladnuus geword.

Vroeë lewe Soon-Yi Previn is in Suid-Korea gebore. Sy is op 12 Februarie 1976 verlate in Seoel gekry en tydelik in 'n plaaslike instelling geplaas. Toe die owerhede nie haar ouers of familie kon opspoor nie, is sy in 'n kinderhuis geplaas. 'n Gesinshof het vir haar 'n wettige geboortesertifikaat uitgereik met die geboortedatum 8 Oktober 1970. 'n Beenskandering tydens haar aanneming het bepaal sy is tussen vyf en sewe jaar oud. Previn het vertel sy het as jong kind op straat gelewe en kos in asblikke gekry.

In 1978 het Farrow en haar man van destyds, André Previn, Soon-Yi aangeneem en na die VSA geneem.

Farrow en Previn se huwelik het in 1979 geëindig. In 1980 het Farrow 'n langtermynverhouding met Woody Allen aangeknoop. Allen het later ook twee van Farrow se aangenome kinders aangeneem: Dylan Farrow en Moses Farrow. In 1987 het Mia Farrow die lewe geskenk aan Ronan Farrow, Allen se biologiese seun.

Previn het aan die Drew-universiteit studeer en 'n MA-graad in spesiale opvoeding aan die Columbia-universiteit behaal. In haar tienerjare het sy 'n rol sonder krediet vertolk in Allen se Hannah and Her Sisters (1986), waarin Mia Farrow ook gespeel het. Sy was ook 'n ekstra in Paul Mazursky se rolprent van 1991, Scenes from a Mall, waarin Allen ook was. In 1997 het sy saam met Allen in die dokumentêr Wild Man Blues (1997) verskyn.

In 1992 het Previn gesê Farrow het haar fisiek mishandel. In 2018 het haar broer Moses Farrow gesê hy is ook fisiek deur Farrow mishandel.

Verhouding met Woody Allen thumb|240px|Woody Allen en Soon-Yi Previn in 1996 in Venesië. In Januarie 1992 het Farrow op naakfoto's van Previn afgekom in Allen se huis. Allen, toe 56, het vir Farrow gesê hy het die foto's die vorige dag geneem, omtrent twee weke nadat hy en Previn die eerste keer seks gehad het. Volgens Farrow het sy die verhouding met Allen in 1992 verbeek nadat sy van die affair uitgevind het. Previn en Allen ontken dit en sê Allen en Farrow was nie meer by mekaar betrokke toe Farrow op die foto's afkom nie.

Volgens die geboortesertifikaat wat die hof in Seoel uitgereik het, het Previn in Oktober 1991 21 geword. Die geregtelike ondersoek wat gedoen is in die toesigsaak tussen Farrow en Allen het tot die gevolgtrekking gekom die seksuele verhouding tussen Allen en Previn het in Desember 1991 begin. Mia Farrow se vriende sê dit kon in die noordelike lente of somer van 1991 begin het, voordat Previn 21 was.

Toe die twee se verhouding in 1992 op die lappe kom, was dit die hoogtepunt van die skindernuus in die geelpers.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Geboortes in 1970