Pous Achilles (Grieks: Αχιλλάς) was die 18de pous en patriarg van Alexandrië, hy het regeer vanaf 312 n.C. tot die jaar 313.

Hy is in Alexandrië, Egipte, gebore en was bekend vir sy kennis en vroomheid; dit was hoekom Pous Theonas hom tot priester georden het en hom as dekaan van die Kategetiese Skool van Alexandrië aangestel het met die vertrek van Pierius. Hy is blykbaar baie hoog aangeskryf vir sy werk in die Griekse filosofie en teologiese wetenskap, soos Pous Athanasius hom later beskryf het deur die eervolle "Achillas die Grote".Atiya, Aziz S. The Coptic Encyclopedia. New York:Macmillan Publishing Company, 1991. .

Soos aanbeveel deur Pous Petrus, is hy as patriarg in Desember (Kiahk) 312 n.C. gekroon, na die marteling van Petrus tydens die Diocletianiese Vervolging.Monks of Ramsgate. “Achillas”. Book of Saints, 1921. CatholicSaints.Info. 30 April 2012 Hy het toegegee aan die versoek van Arius, wat deur Petrus veroordeel is, om terug te keer na sy vorige posisie as priester en prediker.

Achilles is ses maande later op die 19 Paoni 313 oorlede.

Na sy dood het Arius homself benoem om Biskop van Alexandrië te word, maar die geestelikes en die mense het eerder Aleksander gekies.

Verwysings

Bronnelys

Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Sterftes in 313 Kategorie:Patriarge Kategorie:Pouse van die Kopties-Ortodokse Kerk van Alexandrië