Pous Markianus (Grieks: Μαρκιανός) was die agtste pous en patriarg van Alexandrië, hy het regeer vanaf 141 n.C. tot 152 n.C.

Markianus is in Alexandrië, Egipte, gebore en hy was die dekaan van die Kategetiese Skool van Alexandrië, voordat hy aangestel is as patriarg in die maand Hathor in die jaar 141 n.C. tydens die bewind van die keiser Antoninus Pius.

Hy sterf op die 6de van Tobi (1 Januarie), in die jaar 152 n.C.

Verwysings

Bronnelys

Atiya, Aziz S. The Coptic Encyclopedia. New York: Macmillan Publishing Co., 1991.

Eksterne skakels Die Amptelike webwerf van die Kopties-Ortodokse Pous van Alexandrië en Patriarg van die hele Afrika op die Heilige Stoel van Sint Markus die Apostel Koptiese dokumente in Frans

Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Sterftes in 152 Kategorie:Patriarge Markianus