thumb|Die Aarde se oppervlak word oorheers deur oseane, wat 75% daarvan bedek.

'n Oseaanwêreld, oseaanplaneet, maritieme wêreld, waterwêreld of akwaplaneet is 'n soort planeet wat 'n aansienlike hoeveelheid water in die vorm van oseane as deel van sy hidrosfeer bevat, óf onder óf bo die oppervlak, wat moontlik alle droë grond bedek.Definition of Ocean planet. Besoek op 1 Oktober 2017. Die term "oseaanwêreld" word ook soms gebruik vir hemelliggame met 'n oseaan wat uit 'n ander vloeistof as water bestaan,[Ocean Worlds: The story of seas on Earth and other planets]. Deur Jan Zalasiewicz en Mark Williams. OUP Oxford, October 23, 2014. , 9780191653568. soos lawa (soos op die maan Io), ammoniak (soos in Titaan se oseaan onder sy oppervlak) of koolwaterstowwe (soos op Titaan se oppervlak).

Die Aarde is tans die enigste bekende hemelliggaam wat vloeibare watermassas op sy oppervlak het, hoewel verskeie eksoplanete al ontdek is met die regte toestande om vloeibare water te onderhou. Daar is ook aansienlike hoeveelhede ondergrondse water op die Aarde, meestal in die vorm van watergesteentes. Die tegnologie bestaan nog nie om vloeibare water op eksoplanete te sien nie, en daarom word atmosferiese waterdamp as 'n aanduiding gebruik. Wat veral interessant van waterwêrelde is, is hulle potensiaal om lewe te skep en onderhou.

In Junie 2020 het wetenskaplikes van Nasa aangekondig dit is moontlik dat eksoplanete met oseane algemeen in die Melkweg is, gebaseer op wiskundige modelle.

Oorsig Sonnestelsel thumb|280px|'n Diagram van die binnekant van Enkelados.

Oseaanwêrelde is van besondere belang vir astrobioloë vanweë hulle potensiaal om lewe te skep en biologiese aktiwiteit oor geologiese tydskale te onderhou. Groot mane en dwergplanete in die Sonnestelsel wat moontlik ondergrondse oseane het, is van besondere belang omdat hulle deur ruimteverkenningstuie bereik en bestudeer kan word, in teenstelling met eksoplanete, wat tot honderdduisende ligjare van hier kan wees, ver buite die bereik van die huidige menslike tegnologie. Die beste waterwêrelde in die Sonnestelsel benewens die Aarde is Kallisto, Enkelados, Europa, Ganumedes en Titaan. Europa en Enkelados word beskou as van die fassinerendste teikens vir verkenning danksy hulle relatief dun kors en waargenome kriovulkanisme.

Talle ander liggame in die Sonnestelsel word beskou as kandidate om ondergrondse oseane te hê, soos Ariel, Titania,https://weather.com/en-IN/india/space/news/2023-05-10-four-of-uranus-large-moons-may-be-hosting-oceans-nasa-study Umbriel, Ceres, Dione, Eris, Mimas,Ocean Worlds . JPL, NASA.Ocean Worlds Exploration Program. NASA Miranda, Oberon, Pluto en Triton.

Eksoplanete thumb|280px|'n Kunsenaar se voorstelling van 'n stel eksoplanete wat water kan bevat, in vergelyking met die Aarde (heel regs).

Buite die Sonnestelsel is die volgende eksoplanete al as moontlike waterwêrelde oorweeg: Kepler-22b, Kepler-62e, Kepler-62f,Water Worlds and Ocean Planets . 2012. Sol Company en die planete van Kepler-11 en TRAPPIST-1.

Hoewel 70,8% van die Aarde se oppervlak deur water beslaan word,Pidwirny, M. "Surface area of our planet covered by oceans and continents. (Table 8o-1)". University of British Columbia, Okanagan. 2006. Besoek op 13 Mei 2016. maak water net 0,05% van die Aarde se massa uit. 'n Ander planeet se oseaan kan so diep en dig wees dat die druk die water selfs by hoë temperature tot ys sal saampers. Dié ys sal nie noodwendig so koud as gewone ys wees nie. As die planeet naby genoeg aan sy ster is dat die water kookpunt bereik, sal die water superkrities word en 'n goed gedefinieerde oppervlak ontbreek.

Selfs op koeler wateroorheerste planete kan die atmosfeer baie dikker as dié van die Aarde wees en grootliks uit waterdamp bestaan, en dit sal 'n baie sterk kweekhuiseffek skep. So 'n planeet moet klein genoeg wees dat dit nie 'n dik omhulsel van waterstof en helium behou nie, of naby genoeg aan sy gasheerster dat dié ligte elemente weggestroop word. Anders sal hulle 'n warmer weergawe van 'n ysreus soos Uranus en Neptunus vorm.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Oseane Kategorie:Eksoplanete Kategorie:Lewe