Antimoon(III)chloried is 'n verbinding van antimoon in sy 3+ oksidasietoestand met chloor.
Die stof is baie higroskopies en rook effens in vogtige lug. Met water vorm dit antimoonoksichloried.
Kristalstruktuur duimnael|links|- Antimoon(III)chloried kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. Die struktuur is molekulêr en bevat -molekules met 'n trigonale pirmidale vorm wat 'n spieëlvlak besit. Twee Sb-Cl bindings in 236,8(1) pm lank; die derde is korter: 234,0(2) pm. Een bindingshoek is 90,98°; die ander twee is 95,70°.
Die antimoonatoom het intermolekulêre kontakte wat meer as 346pm lank is, maar dit is korter as die som van die vanderwaalsradiusse. Die antimoonatoom het in totaal agt buuratome. - het dieselfde struktuur.
Gebruike Dit word gebruik as 'n reagens vir die opsporing van vitamien A en verwante karotenoïede. Dit reageer met die karotenoïed om 'n blou kompleks te vorm wat deur kolorimetrie (die Carr-Price-toets) gemeet kan word. Oplossings van antimoontrichloried is vroeër gebruik om horingstompies van kalwers en bokke op te los en te verwyder.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van antimoon