regs|duimnael|Die embleem van die Amerikaanse Nasionale Filmregister.

Die Amerikaanse Nasionale Filmregister (Engels: National Film Registry (NFR)) is die Verenigde State se Nasionale Rolprent Bewaringsraad se versameling rolprente wat sedert die raad se ontstaan in 1988 vir bewaring gekies is, elk van die 900 (in 2024) gekies vir sy historiese, kulturele en estetiese bydrae.2021 National Film Registry Selections Reflects Diversity - ComingSoon.netNational Film Registry Adds 25 New Films, Including 'Return of the Jedi' - The New York Times

Geskiedenis

regs|duimnael| Die Oscar-bekroonde regisseur John Ford het die meeste inskrywings met 11 rolprente. regs|duimnael| Orson Welles, die bekroonde rolprentmaker van die ingehuldigde Citizen Kane (1941), The Magnificent Ambersons (1942), The Lady from Shanghai (1948) en Touch of Evil (1958). regs|duimnael| Stanley Kubrick, meesterskrywer verantwoordelik vir ingehuldigdes wat wissel van 1957 se Paths of Glory tot sy 1980-verwerking van Stephen King se The Shining.

Gedurende die 1980's het verskeie prominente rolprentvervaardigers en ander in die rolprentbedryf in die Verenigde State, soos Frank Capra en Martin Scorsese, by die Amerikaanse Kongres gepleit om 'n wetsontwerp op die bewaring van rolprente in te stel om kommersiële wysigings (soos skandering en redigering vir TV) van klassieke rolprente te vermy. In reaksie op die kontroversie oor die inkleur van oorspronklik swart en wit rolprente spesifiek in daardie dekade, het Robert J. Mrazek en Sidney R. Yates die Amerikaanse Nasionale Rolprentbewaringswet van 1988 tertafel gelê. Dit het die Amerikaanse Nasionale Rolprentregister tot stand gebring en die kriteria vir die keuse van films vir bewaring vasgestel. Die Wet is aangeneem en die NFR se missie is daarna bevestig deur verdere Kongressionele wette tussen 1992 en 2016. Die Amerikaanse Nasionale Rolprentbewaringsraad se missie is om die voortbestaan, bewaring en verhoogde publieke beskikbaarheid van Amerika se filmerfenis te verseker. Die 1996-wet het ook die nie-winsgewende Nasionale Filmbewaringstigting geskep wat, hoewel dit by die Rolprent Publikasie Raad geaffilieer is, geld van die privaatsektor insamel.

Seleksiekriteria

Die rolprentbewaringsraad voeg tot so veel as 25 rolprente elke jaar by die register wat as "kultureel, histories of esteties betekenisvol" beskou kan word sodat die omvang en diversiteit van die Amerikaanse rolprent erfenis ten toon gestel kan word en om bewustheid vir die bewaring daarvan te verhoog. 'n Rolprent kom in aanmerking vir insluiting tien jare na sy oorspronklike vrystelling. Vir die eerste keuring in 1989 het die publiek byna 1 000 nominasies vir oorweging voorgelê. Lede van die rolprentbewaringsraad het toe individuele stembriewe ontwikkel sodat gestem kan word vir die moontlike insluiting van rolprente. Die stembriewe is in 'n tabel van 25 rolprente saamgestel wat toe deur die kongressionele bibliotekaris, James H. Billington, en sy personeel by die Biblioteek gewysig is vir die finale keuring. Sedert 1997 kon lede van die publiek tot 50 rolprente per jaar nomineer vir oorweging.

Die register sluit rolprente in wat wissel van klassieke Hollywood rolprente tot weesrolprente, waar die vervaardiger die rolprent, of regte tot die rolprent, opgegee het.What Happens to Films Selected for Preservation by the Library of Congress?|Mental Floss Daar word nie van 'n rolprent vereis om vollengte te wees nie, en dit hoef ook nie in die tradisionele sin teatraal vrygestel te wees nie. Die register bevat nuusberigte, stilrolprente, studenterolprente, eksperimentele rolprente, kort rolprente, musiekvideo's, rolprente buite kopieregbeskerming of in die publieke domein, narratiewe speelfilm (storie of drama-tipe), rolprentreekse, tuisrolprente, dokumentêre rolprente, animasie en onafhanklike rolprente. Vanaf die 2024-notering is daar 900 rolprente in die register."25 Films Added to National Film Registry for Preservation". 17 Desember 2024.

Ouderdom van gekose rolprente Die oudste rolprent in die register is Newark Athlete wat in 1891 vrygestel is, terwyl die mees onlangse, 12 Years a Slave en 20 Feet from Stardom, elk in 2013 vrygestel is en The Grand Budapest Hotel in 2014 vrygestel is.

Mardi Gras Carnival, wat in 1898 vrygestel is, is in Desember 2022 gekies is, het met 124 jaar die langste gewag om opgeneem te word, hoewel as mens in ag neem dat die rolprent reeds amper 'n eeu oud was voordat die register gestig is, was die "wag" tegnies net 33 jaar. Raging Bull, wat op 19 Desember 1980 in die Verenigde State uitgereik is, is in Oktober 1990 opgeneem en hou die rekord vir die gouste opname in die register, effens minder as die vereisde minimum van 10 jaar. Slegs agt ander rolprente is by die tienjaarmerk by die register gevoeg, onder andere Goodfellas,'Goodfellas' On National Film Registry - ABC News Toy Story,Toy Story Added to National Film Registry|Animation World Network Fargo,'Rocky,' 'Fargo,' 'Saddles' join Nat'l Film Registry|Hollywood Reporter en 12 Years a slave.

Lys van rolprente Die lys is in 2025 bygewerk."Library Names 25 Films to the National Film Registry for Preservation". Library of Congress. 29 Januarie 2026. Daar is heelwat van die films wat maklik beskikbaar is om na te kyk op die internet, soos hier onder gelys, of by 'n spesiale vertoningskamer by die register se hoofkwartier in Amerika. Klik twee keer op die "jaar bygevoeg" hofie in die tabel hier onder om die rolprente wat mees onlangs by die register gevoeg is bo-aan die tabel te kry.