Die Spectrum National Party (SNP), (Afrikaans: Spektum Nasionale Party) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2019 deur die sakeman en pastoor Christopher Claasen gestig is.

Verkiesingsprestasie Die party het die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2021 betwis, maar kon nie enige raadsetels wen nie.

In Maart 2024 het die Spectrum National Party, aangekondig dat die party nie daarin kon slaag om vir die nasionale verkiesing te registreer nie. Die party het ‘n beroep op hulle ondersteuners gedoen om vir enige party in die Veelpartyhandves te stem.Raymond Willemse, 18 Maart 2024, Beeld, 3 partye ondersteun steeds handves. Besoek 18 Maart 2024.

Politieke oortuigings Die party ondersteun 'n sogenaamde "Equal Race Governance Policy", wat 25% verteenwoordiging aan elk van die vier rassegroepe soos tydens die apartheidsera gekassifiseer, voorstel. Dit beteken die partyleiding moet bestaan uit verteenwoordigers van die swart-, bruin-, blank- en Indiër-rassegroepe.

In Augustus 2023 was die party een van die sewe stigterslede van 'n Veelpartyhandves.

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika