Nompilo Kholeka Gcaleka is 'n Suid-Afrikaanse regsgeleerde ('n advokaat) en die huidige Openbare Beskermer van Suid-Afrika. Sy het voorheen as Adjunk Openbare Beskermer gedien en het op 9 Junie 2022 waarnemende Openbare Beskermer geword ná die skorsing van die voormalige Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane.

Gcaleka het op 19 Oktober 2023 tydens 'n stemming in die Nasionale Vergadering 'n aanbeveling ontvang om as die vyfde persoon die pos van Openbare Beskermer te beklee. Die Demokratiese Alliansie (DA) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Gcaleka se benoeming tot die Openbare Beskermer se kantoor teengestaan en gesê sy is nie 'n geskikte kandidaat nie.

President Cyril Ramaphosa het Gcaleka op 1 November 2023 amptelik vir 'n termyn van sewe jaar as Openbare Beskermer aangestel.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse openbare beskermers Kategorie:Suid-Afrikaanse regsgeleerdes Kategorie:Alumni van die Universiteit Johannesburg