thumb|220px|Oogkrale op 'n Turkse basaar.
'n Oogkraal of nazar (van die Arabiese نَظَر ˈnaðˤar, "blik", "aandag") is 'n oogvormige gelukbringer wat geglo word mense teen die bose oog beskerm. Die term word in baie tale gebruik. In Turkye is dit bekend as nazar boncuğuWilliams, Victoria (2016). Celebrating Life Customs Around the World: From Baby Showers to Funerlan, p.344. ABC-CLIO. . "nazar boncugu". (laasgenoemde woord is afgelei van die woord vir "kraal", boncuk, en eersgenoemde is 'n leenwoord uit Arabies).
Die nazar is in 2018 by Unicode gevoeg as as .
Gelukbringer 'n Tipiese oogkraal word van glas gemaak en bestaan uit konsentriese sirkels of 'n traandruppelontwerp in donkerblou, wit, ligblou en swart, met soms 'n geel rand.Lonely Planet Middle East. Lonely Planet; 6de uitg., 2009, p. 559.
Die Turke glo blou beskerm 'n mens teen die bose en absorbeer selfs negatiwiteit.Sinclair, H.R. (2022). A Writer's Guide to Color. H. R. Sinclair.Yablon, Alys R. (2015). Field Guide to Luck. Quirk Books. .Martinson, Barbara; DeLong, Marilyn; eds. (2012). Color and Design. Bloomsbury. .
Sien ook Bose oog
Verwysings
Skakels
Kategorie:Bygelowe