duimnael|Eskom-beurtkrag in vergelyking met energie wat in 2023 geproduseer is. Die Suid-Afrikaanse energiekrisis of beurtkrag is 'n voortdurende tydperk van wydverspreide nasionale onderbrekings van elektrisiteitstoevoer in Suid-Afrika. Dit het in die latere maande van 2007 begin teen die einde van Thabo Mbeki se tweede termyn as president, en duur steeds voort ̈(einde 2023). Die Suid-Afrikaanse regeringsbeheerde nasionale kragvoorsiener, en primêre kragopwekker, Eskom, en verskeie parlementariërs het hierdie ineenstorting toegeskryf aan onvoldoende opwekkingskapasiteit.What is Load Shedding

Volgens Eskom en staatsamptenare vereis die oplossing die bou van bykomende kragstasies en kragopwekkers. Korrupsie en wanbestuur van Eskom, veral tydens die Jacob Zuma-administrasie, het hierdie energiekrisis vererger; verwaarlosing deur Eskom-personeel benewens veelvuldige dade van sabotasie en die aktiwiteite van kriminele sindikate binne Eskom met beweerde politieke verbintenisse het ook bygedra tot voortdurende kragvoorsieningsprobleme.

Agtergrond In 'n verslag van Desember 1998 het ontleders en leiers in Eskom en in die Suid-Afrikaanse regering voorspel dat Eskom se elektriese kragreserwes teen 2007 sou opraak, tensy daar opgetree word om dit te voorkom.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrika Kategorie:Energie