Kathryn Dawn Lang (2 November 1961), verhoognaam k.d. lang, is 'n Kanadese pop- en countrymusiek sanger-liedjieskrywer. Haar treffers sluit in "Constant Craving" en "Miss Chatelaine".

Sy is 'n mezzo-sopraan en het bygedra tot rolprentklankbane en saamgewerk met kunstenaars soos Roy Orbison, Tony Bennett, Elton John, The Killers, Anne Murray, Ann Wilson en Jane Siberry. Sy het opgetree tydens die sluitingseremonie van die Olimpiese Winterspele 1988 in Calgary, Alberta, en tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2010 in Vancouver, Brits-Kolumbië, waartydens sy Leonard Cohen se "Hallelujah" gesing het.

Verwysings

Eksterne skakels

Onderhoud deur Shambhala Sun-tydskrif (2008) Lang sing Roy Orbison se "Crying" saam met hom (Youtube video)

Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Kanadese musici Kategorie:Kanadese sangers