Patricia Colleen Nelligan (* 16 Maart 1950), professioneel bekend as Kate Nelligan, is 'n Kanadese verhoog-,rolprent- en televisieaktrise. Sy is benoem vir 'n Oscar vir Beste Ondersteunende Aktrise vir die 1991-rolprent, The Prince of Tides, en het in dieselfde jaar die BAFTA gewen vir Beste Aktrise in 'n Ondersteunende Rol vir die rolprent Frankie and Johnny. Sy is ook vier keer benoem vir 'n Tony-toekenning vir haar werk op Broadway, vir onderskeidelik Plenty (1983), A Moon for the Misbegotten (1984), Serious Money (1988) en Spoils of War (1989). Sy is ook bekend vir haar onvergeetlike titelrol as Eleni in die rolprent uit 1985.

Vroeë lewe Nelligan is gebore as die vierde van ses kinders in London, Ontario, as die dogter van Patrick Joseph Nelligan en sy vrou Josephine Alice (née Deir). Haar pa was 'n munisipale werknemer in beheer van ysbane en ontspanningsparke. Haar ma was 'n onderwyseres.Kate Nelligan profiel, filmreference.com. Opgespoor op 16 Februarie 2015.

Haar moeder, wat Nelligan beskryf het as "baie sterk, uiters briljant en baie, baie kêns",Bored with being a lady, actress Kate Nelligan gets down to earthy People Weekly, 27 Januarie 1992. was 'n alkoholis en het ook ander sielkundige probleme gehad. Sy is later opgeneem in 'n psigiatrise instelling. Nelligan het die London South Collegiate Institute in London, Ontario, bygewoon waar sy bekend was as “Trish”, en het daarna gestudeer aan Glendon College in Toronto. Sy was egter nie suksesvol in haar studies nie en het nie gegradueer nie.Senior Executive Cites Liberal Arts Education for Success Glendon Sy het hierna na Londen, Engeland verhuis waar sy studeer het aan die Central School of Speech and Drama.

Loopbaan In Augustus 1972 het Nelligan haar professionele verhoogloopbaan van stapel gestuur as 'n "snaakse en oortuigende" Corie in die Bristol Old Vic se opvoering van Barfoot in the Park deur Neil Simon. By die Bristol Old Vic-ateljee het sy die daaropvolgende April die rol van Leila gespeel in The Screens, 'n verkorte weergawe deur Howard Brenton van Jean Genet se Les Paravents. Op televisie het sy in 'n gereelde rol verskyn in die Britse televisiereeks The Onedin Line. In 1974 is sy na Londen genooi om die rol van Jenny te speel in David Hare se toneelstuk Knuckle by die Comedy Theatre, gevolg deur 'n seisoen saam met die National Theatre as Ellie in Heartbreak House. In 1975 verskyn sy teenoor Anthony Hopkins in die televisiestuk The Arcata Promise, gevolg deur die televisie-teaterweergawe van The Count of Monte Cristo wat die room van Britse en Amerikaanse akteurs bevat het. Dieselfde jaar is haar eerste vollengtefilm, The Romantic Englishwoman, vrygestel.

In 1977, weer saam met die National Theatre, het Nelligan 'n briljante vertolking gegee van Marianne, naas Stephen Rea, in Ödön von Horváth se Tales from the Vienna Woods met regie deur Maximilian Schell. In dieselfde jaar het sy die rol vertolk van Rosalind in As You Like It, met regie deur Trevor Nunn, naas Peter McEnery in die Royal Shakespeare Theatre en die volgende jaar in Londen. Sy het die rol opgevolg met Plenty, ook deur die dramaturg David Hare, by die National Theatre. Vir die vertolking ontvang sy die Evening Standard Theatre-toekenning vir "Beste Aktrise" vir 1978. Sy was ook die naasbeste keuse vir "Beste Aktrise in 'n Nuwe Toneelstuk" tydens dié seisoen se Olivier-toekennings. Sy het 'n soortgelyke rol vertolk teenoor Bill Paterson in Hare se bekroonde toneelstuk, Licking Hitler, vir BBC-televisie.

Nelligan was in 1978 weereens op die skerm, en het die rol van Isabella vertolk in BBC Television Shakespeare se vervaardiging van Measure for Measure, wat die New York Times genoop het om haar opvoering te beskryf as die verskaffing van "die beeld van geïdealiseerde foutloosheid"."Measure for Measure", Liner notes, The Shakespeare Collection, BBC DVD, originally broadcast February 18, 1979. In 1979 speel sy die vroulike hoofrol saam met Frank Langella en Laurence Olivier in Dracula. In 1981 het sy teenoor haar landgenoot Donald Sutherland gespeel in Eye of the Needle, 'n spioenasieriller wat in die oorlogsjare afspeel en gebaseer is op Ken Follett se topverkoperroman. Twee jaar later het Nelligan na New York Stad verhuis, waar sy drie keer benoem is vir die Tony-toekenning vir Beste Prestasie deur 'n Leidende Aktrise in 'n Toneelstuk (vir onderskeidelik Plenty in 1983, A Moon for the Misbegotten in 1984 en Spoils of War in 1989), en een keer as Hoofaktrise in 'n Toneelstuk (vir Serious Money in 1988). Sy het tussen 1983 en 1989 in 'n totaal van vyf Broadway-toneelstukke verskyn."Kate Nelligan Broadway" Playbill. (vault). Opgespoor op 11 Maart 2016

In 1991 het Nelligan die BAFTA gewen vir "Beste aktrise in 'n Ondersteunende Rol" vir haar vertolking in Frankie and Johnny.[http: //www.allmovie.com/movie/frankie-and-johnny-v18496/awards "'Frankie en Johnny' Awards"] allmovie.com. Opgespoor op 12 Maart 2016 Vir haar vertolking in die 1991-rolprent The Prince of Tides is sy genomineer vir die Oscar vir Beste Ondersteunende Aktrise.[http: //www.tcm.com/this-month/article/474214%7C473925/The-Prince-of-Tides.html The Prince of Tides] tcm.com. Opgespoor op 11 Maart 2016 Tussen 1987 en 2004 is sy genomineer vir vyf Gemini-toekennings vir haar rolle in Kanadese televisie-minireekse en rolprente. Sy het die toekenning twee keer ontvang, albei in 1993.[http: //www.academy.ca/About-the-Academy/Awards-Database?flow=person&step=1&byp-award-v=0&byp-winners-v=False&byp-name-v=Kate%20Nelligan&catf=20097 "Gemini Awards, Kate Nelligan"] academy.ca. Opgespoor op 11 Maart 2016 In 1996 het sy die vrou van James Mink gespeel in die CBS-televisiefilm Captive Heart: The James Mink Story.

Filmografie

Film Jaar Titel Rol Notas1975The Romantic EnglishwomanIsabel1979DraculaLucy Seward1980CrossoverPeabody1981Eye of the NeedleLucy Rose1983Without a TraceSusan Selky1985EleniEleni Gatzoyiannis1987ControlSarah Howell1990White RoomJane1991Frankie and JohnnyCora1991Shadows and FogEve1991The Prince of TidesLila Wingo Newbury1993Fatal InstinctLana Ravine1994WolfCharlotte Randall1995Margaret's MuseumCatherine MacNeil1995How to Make an American QuiltConstance Saunders1996Up Close & PersonalJoanna Kennelly1998U.S. MarshalsUS Marshal Catherine Walsh1998Boy Meets GirlMrs. Jones1999The Cider House Rules Olive Worthington2007PremonitionJoanne

Televisie Jaar Titel Rol Notas1971Great PerformancesLaura"The Arcata Promise"1973The EdwardiansAlice Keppel"Daisy"1973Country MattersChristie Davenport"The Four Beauties"1973–74The Onedin LineLeonora BiddulphHerhalende rol1974ITV Sunday Night DramaLaura"The Arcata Promise"1975The Count of Monte CristoMercedesTV-film1976The Lady of the CamelliasMarguerite Gautier"1.1", "1.2"1977The Sunday DramaAnn"Treats"1977Play for TodayHilary"Do as I Say"1978Play for TodayAnna Seaton"Licking Hitler"1979Measure for MeasureIsabellaTV-film – BBC Shakespeare series1980Thérèse RaquinThérèse RaquinTV-minireeks1980Play for TodayCaroline"Dreams of Leaving"1980Forgive Our Foolish WaysVivien LanyonTV series1982VictimsRuth HessionTV-film1987Kojak: The Price of JusticeKittyTV-film1989Love and Hate: The Story of Colin and JoAnn ThatcherJoAnn ThatcherTV-film1991American PlayhouseBarbara Hoyle"Three Hotels"1991PerformanceKate"Old Times"1992Road to AvonleaSydney Carver"After the Honeymoon"1992Pour le meilleur et pour le pireKayTV-film1992The Great Diamond RobberyHolly PlumTV-film1992Heritage MinutesEmily Murphy"Emily Murphy"1993Liar, Liar: Between Father and DaughterSusan MioriTV-film1993Shattered Trust: The Shari Karney StoryStephanie ChadfordTV-film1994Golden FiddlesAnne BalfourTV-minireeks1994In Spite of LoveEliseTV-film1994Million Dollar BabiesHelena ReidTV-minireeks1995A Mother's PrayerSheila WalkerTV-film1996Captive Heart: The James Mink StoryElizabeth MinkTV-film1996Calm at Sunset, Calm at DawnMargaret PfeifferTV-film1999Love Is StrangeKathryn McClainTV-film1999Swing VoteRegter Sara Marie BrandwynneTV-film2000Blessed Strangers: After Flight 111Kate O'RourkeTV-film2001Walter and HenryElizabethTV-film2003A Wrinkle in TimeMrs. WhichTV-film2004Human CargoNina WadeTV-minireeks2006In from the NightVera MillerTV-film2008Eleventh HourGepetto"Resurrection"2010Law & Order: Special Victims UnitRegter Sylvia Quinn"Ace", "Gray"

Broadway toneelstukke Plenty (1983) A Moon for the Misbegotten (1984) Serious Money (1988) Spoils of War deur Michael Weller, Music Box Theatre New York (1988) Love Letters (1989) An American Daughter (1997)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Kanadese aktrises