Gallium(III)oksied is 'n verbinding van gallium in sy +3 oksidasietoestand en suurstof met die chemiese formule .
Kristalstrukture Gallium(III)oksied kristalliseer in verskeie strukture:
α- het die korund-struktuur (D5 in die strukturbericht-klassifikasie). Dit is 'n halfgeleier met 'n indirekte bandgaping van 2,25 eV. β-; is die mees algemene en stabiele struktuur; dit is monoklinies. Daar is twee verskillende Ga-posisies. Een daarvan het 'n tetraëdriese koördinasie, die ander 'n oktaëdriese een. Dit is 'n halfgeleier met 'n indirekte bandgaping van 2,34 eV. γ-; 'n kubiese struktuur (Fdm #227; a= 823,8 pm). Dit het geen bandgaping nie. Dit het 'n defekte spinelstruktuur. ε- 'n struktuur wat soos die van κ-alumina lyk maar baie vakatures het. Dit is 'n halfgeleier met 'n bandgaping van 1,21 eV en het 'n ortorombiese struktuur (ruimtegroep Cmcm; #63; a=282,039; b=939,439; c=728,403 pm).
Gebruike is 'n materiaal van tegnologiese belang, byvoorbeeld vir die vervaardiging van gemengde -katalisators. Dun -films is ook van kommersiële belang as 'n gassensitiewe materiaal Glas wat op gebaseerd is, is een van die beste optiese materiale wat in gevorderde glastegnologieë gebruik word.
Verwysings
Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 227 Kategorie:D5₁-strukture Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van gallium Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 63