Scandinavian Airlines, meer algemeen bekend as SAS, is die vlagdraer van Denemarke, Noorweë en Swede. SAS is 'n afkorting van die maatskappy se volle naam, Scandinavian Airlines System of wettiglik Scandinavian Airlines System Denmark-Norway-Sweden.

Die lugredery vorm deel van die SAS-groep met sy hoofkwartier by die SAS Frösundavik-kantoorgebou in Solna, Swede, en bedryf 124 vliegtuie na 125 bestemmings (teen 2023). Die lugredery se hoofkern is by Kopenhagen-Kastrup-lughawe, met verbindings na 109 bestemmings regoor die wêreld. Stockholm Arlanda-lughawe (met 106 bestemmings) is die tweede grootste spilpunt, met Oslo-lughawe (Gardermoen) die derde groot spilpunt van SAS. Klein spilpunte bestaan ook by Bergen-lughawe, Flesland, Göteborg Landvetter-lughawe, Stavanger-lughawe en Trondheim-lughawe.

SAS Cargo is 'n onafhanklike, volfiliaal van Scandinavian Airlines met sy hoofkantoor op die Kopenhagen Lughawe.

Verwysings

Kategorie:Lugrederye