Galliumarsenied is 'n verbinding van gallium met arseen met die chemiese formule .
Dit is 'n halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 1,424 eV, wat vanweë sy optiese en elektroniese eienskappe wydverspreide toepassing gevind het.
Kristalstruktuur Galliumarsenied kristalliseer in die kubiese sfaleriet-struktuur (B3) soos die meeste III-V-halfgeleiers.
Elektroniese eienskappe Die direkte bandgaping in geleë in punt Γ, die oorsprong van die Brillouin-sone. Die effektiewe massa van die elektrone in die geleidingsband in punt Γ is 0,067 m. Daar is egter 'n tweede indirekte bandgaping tussen die punt Γ en die punt L wat net 0,29 eV groter is en die effektiewe massa van die elektrone in L is baie groter (~0,55 m). Daar is ook twee verskillende holtes in die valensband omdat twee bande in punt Γ saamkom. Daar is daarom ligte holtes (~0,075 m) en swaar holtes (~0,50 m).
Chemiese eienskappe Galliumarsenied is onoplosbaar in water, maar dit reageer met soutsuur en stel arsien vry. Die teenwoordigheid van komplkserende ione in waterige oplossings soos chloried, sulfaat, waterstofkarbonaat, waterstoffosfaat, diwaterstoffosfaat, asetaat en sitraat kan die stof in oplossing doen gaan.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van gallium Kategorie:Verbindings van arseen