Die Koninkryk Juda (Hebreeus: יְהוּדָה, Yəhūdā; Akkadies: 𒅀𒌑𒁕𒀀𒀀 Ya'údâ; Koninklike Aramees: 𐤁𐤉𐤕𐤃𐤅𐤃 Bēyt Dāwīḏ, "Huis van Dawid"), die Suidryk of die ryk van die Twee Stamme"Juda" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 20 November 2023. was in die Ystertydperk 'n Semitiessprekende, landingeslote koninkryk van die Suid-Levant. Dit was gesentreer in die hooglande van Judea en die hoofstad was Jerusalem. Jode is na Juda genoem en stam hoofsaaklik daarvan af.
Die Hebreeuse Bybel beeld die Koninkryk Juda uit as 'n opvolgerstaat van die Verenigde Koninkryk Israel, 'n term wat gebruik word vir die verenigde koninkryk onder die Bybelse konings Saul, Dawid en Salomo. Dit dek die gebied van Juda en Israel. In die 1980's het sommige Bybelse geleerdes egter begin aanvoer dat die argeologiese bewyse vir 'n uitgebreide koninkryk voor die laat 8ste eeu v.C. nie genoegsaam is nie en dat daar fout is met die metodologie wat gebruik is om die bewyse in te samel. Dit lyk of die gebied van Juda in die 10de en vroeë 9de eeu v.C. ylbevolk was en beperk was tot klein plattelandse nedersettings, waarvan die meeste nie met mure versterk was nie.
Die Tel Dan-stele, wat in 1993 ontdek is, wys die koninkryk het ten minste teen die 9de eeu v.C. in die een of ander vorm bestaan, maar dit vertel nie hoe groot sy mag was nie. Onlangse uitgrawings by Khirbet Qeiyafa ondersteun egter die bestaan van 'n sentraal georganiseerde, verstedelikte koninkryk teen die 10de eeu v.C., volgens die uitgrawers.
In die 7de eeu v.C. het die koninkryk se bevolking baie toegeneem en het dit vooruitgegaan onder die vasalskap van die Nieu-Assiriese Ryk, ten spyte van Hiskia se opstand teen die Assiriese koning Sanherib. Josia het van die politieke vakuum wat tussen Assirië se verval en die opkoms van Egiptiese heerskappy oor die gebied ontstaan het, gebruik gemaak om sy godsdienstige hervormings deur te voer. Deuteronomistiese geskiedenis, wat van die geskiedenis van die nasie vertel van Joshua tot Josia en 'n wêreldsiening uitdruk wat geskoei is op die wetlike beginsels in Deuteronomium, is vermoedelik in dié tyd geskryf en lê klem op die belangrikheid om die beginsels na te kom.
Met die finale val van die Nieu-Assiriese Ryk in 605 v.C. het mededinging ontstaan tussen Egipte en die Nieu-Babiloniese Ryk oor beheer van die Levant. Dit het eindelik gelei tot Juda se vinnige agteruitgang. In die vroeë 6de eeu v.C. was daar 'n vlaag onderdrukkings van Egipties gesteunde opstande deur Juda teen die Babiloniese heerskappy. In 587 v.C. het Nebukadnesar II Jerusalem beleër en verwoes, en 'n einde aan die koninkryk gebring. Baie Judese inwoners is na Babilon verban en die koninkryk is as 'n Babiloniese provinsie geannekseer.
Nadat die Achaemenidiese Ryk Babilon oorgeneem het, het koning Kores die Grote die Jode wat verban is, toegelaat om terug te keer. Hulle is toegelaat om hulleself onder Persiese heerskappy te regeer. Eers 400 jaar later, ná die Makkabese Opstand, het die Jode hulle onafhanklikheid ten volle herwin.
Argeologiese rekord Terwyl daar algemeen ooreenstemming is oor die feit dat die verhale van Dawid en Salomo in die 10de eeu v.C. min vertel oor die oorsprong van Juda, is daar tans geen konsensus oor of Juda ontstaan het vanweë 'n splitsing van die Verenigde Koninkryk Israel (soos wat die Bybel vertel) of onafhanklik nie. Sommige geleerdes stel voor Jerusalem, die koninkryk se hoofstad, het nie as 'n belangrike administratiewe sentrum ontstaan voor die einde van die 8ste eeu v.C. nie. Die argeologiese bewyse dui daarop dat die bevolking voor dié tyd te klein was om 'n lewensvatbare koninkryk te onderhou.
'n Groot deel van die debat wentel daarom of die argeologiese ontdekkings wat konvensioneel na die 10de eeu v.C. gedateer word, eerder na die 9de eeu v.C. gedateer moet word, soos voorgestel deur die Israeliese argeoloog Israel Finkelstein. Onlangse argeologiese ontdekkings deur Eilat Mazar in Jerusalem en Yosef Garfinkel in Khirbet Qeiyafa bevestig waarskynlik die bestaan van die Verenigde Koninkryk, maar daterings en identifikasies word nie algemeen aanvaar nie.
thumb|200px|Die Tel Dan-stele, met die woorde "Huis van Dawid" verlig (9de eeu v.C.). Die Tel Dan-stele wys 'n historiese "Huis van Dawid" het 'n koninkryk suid van Samaria in die 9de eeu v.C. regeer en bewyse van verskeie konings van Juda van die 8ste eeu v.C. is ontdek,Corpus of West Semitic Stamp Seals. N. Avigad and B. Sass. Jerusalem: The Israel Academy of Sciences and Humanities, 1997, nos. 4 and 3 respectively; Identifying Biblical Persons in Northwest Semitic Inscriptions of 1200–539 BCE Lawrence J. Mykytiuk. SBL Academia Biblica 12. Atlanta, 2004, 153–59, 219. maar min word gesê oor hoe ontwikkel die staat was. Die Nimrudtablet K.3751, wat uit omstreeks 733 v.C. dateer, is die vroegste bekende rekord van die naam "Juda" (geskryf in Assiriese wigskrif as Ya'uda of KUR.ia-ú-da-a-a).
Jerusalem thumb|220px|links|Die Trapklipstruktuur, gesien van die Groot Klipstruktuur af.
Daar word gedebatteer oor die status van Jerusalem in die 10de eeu v.C. Die oudste deel van die stad en sy oorspronklike stedelike kern is die Dawidstad, en daar is bewyse van aansienlike Israelitiese residensiële aktiwiteit omstreeks die 10de eeu v.C. Sommige unieke administratiewe strukture soos die Trapklipstruktuur en Groot Klipstruktuur, wat aanvanklik een struktuur was, bevat materiaalkultuur uit die Ystertydperk I. Op grond van die beweerde gebrek aan vestigingsaktiwiteit in die 10de eeu v.C. meen Israel Finkelstein Jerusalem was toe 'n klein plattelandse dorp en nie 'n nasionale hoofstad nie, en Ussishkin dink die stad was heeltemal onbewoon. Amihai Mazar reken as die datering van die administratiewe strukture in die Dawidstad na Yster I / Yster IIa reg is, wat hy dink wel die geval is, "was Jerusalem 'n taamlik klein dorp met 'n groot sitadel, wat die sentrum van 'n aansienlike streekstaat was". William G. Dever meen Jerusalem was 'n klein, versterkte stad, waarin waarskynlik net die koninklike hof, priesters en klerke gewoon het.
Geletterdheid 'n Versameling militêre orders wat in die ruïnes van 'n militêre fort in die woestyngebied Negev ontdek is en uit die tydperk van die Koninkryk van Juda dateer, dui op algemene geletterdheid. Al die militêre personeel, van die bevelvoerders tot die gewone soldate, sou dit moes kon lees. Volgens professor Eliezer Piasetsky, wat deelgeneem het aan die ontleding van die tekste, "het geletterdheid bestaan op alle vlakke van die administratiewe, militêre en priesterlike stelsels van Juda. Lees en skryf was nie beperk tot 'n klein elite nie." Dit dui op die bestaan van 'n aansienlike opvoedkundige infrastruktuur in dié tyd in Juda.Pileggi, Tamar (12 April 2016). "New Look at Ancient Shards Suggests Bible Even Older than Thought." Times of Israel. Besoek by TimesofIsrael.com, 30 Januarie 2019.
LMLK-seëls thumb|250px|Die handvatsels van bergingspotte gestempel met die LMLK-seëls.
LMLK-seëls is antieke Hebreeuse seëls wat op die handvatsels van bergingspotte gedruk is uit die tyd van koning Hiskia (omstreeks 700 v.C.) wat hoofsaaklik in en om Jerusalem ontdek is. Verskeie volledige potte is in situ gevind.Ussishkin (2004), The Renewed Archaeological Excavations at Lachish, p. 89 ("As the work of the renewed excavations developed it became clear that the destruction of Level III must be assigned to Sennacherib's attack in 701 BCE."). Nie een van die oorspronklike seëls is ontdek nie, maar sowat 2 000 afdrukke wat met minstens 21 soorte seëls gemaak is, is al gepubliseer. LMLK staan vir die Hebreeuse letters lamedh mem lamedh kaph (Fenisies: lāmed mēm lāmed kāp, 𐤋𐤌𐤋𐤊), wat vertaal kan word as: "[Behorende] tot die koning" [van Juda] "[Behorende] tot koning" (gevolg deur die naam) "[Behorende] tot die regering" [van Juda] "[Om gestuur te word] na die koning"
Bybelse verhaal Die verdeling van die Verenigde Koninkryk Volgens die Bybel is die Verenigde Koninkryk van Israel in die laat 11de eeu v.C. deur Saul gestig en het dit sy hoogtepunt bereik tydens die bewind van Dawid en Salomo. Ná Salomo se dood omstreeks 930 v.C. het die Israeliete in Sigem byeengekom vir die kroning van Salomo se seun en opvolger, Rehabeam. Voor die kroning kon plaasvind, het die noordelike stamme, onder leiding van Jerobeam, die nuwe koning gevra om die swaar belasting en arbeidsvereistes te verlig wat Salomo ingestel het. Rehabeam het hulle versoek verwerp: “My pa het 'n swaar juk op julle gelê, ek gaan die juk nog swaarder maak; my pa het julle met swepe geslaan, ek sal julle met gesels slaan.”1 Konings 12:14
Die gevolg was dat 10 van die stamme teen Rehabeam in opstand gekom het en Jerobeam tot hulle koning verklaar het. Hulle het die noordelike Koninkryk Israel gestig. In die begin het net die stam van Juda getrou aan die Huis van Dawid gebly, maar die stam van Benjamin het gou by Juda aangesluit. Die twee koninkryke, Juda in die suide en Israel in die noorde, het ná die verdeling ongemaklik langs mekaar bly voortbestaan tot met die vernietiging van die Koninkryk Israel deur Assirië in 722/'21 v.C.
Betrekkinge met Koninkryk Israel Vir die eerste 60 jaar het die konings van Juda probeer om hulle gesag oor Israel te hervestig. Israel en Juda was deur Rehabeam se hele bewind in 'n oorlog gewikkel. Rehabeam het groot forte en versterkte stede laat bou. In die vyfde jaar van sy bewind het Sisak, die Egiptiese farao, Juda aangeval en baie stede ingeneem. In die verowering van Jerusalem in die 10de eeu v.C. het Rehabeam hulle al die skatte uit die Tempel as 'n heffing betaal en Juda het 'n vasalstaat van Egipte geword.
Rehabeam se seun en opvolger, Abia, het sy pa se pogings om Israel weer onder sy gesag te bring, voortgesit. Hy het met Jerobeam van Israel oorlog gevoer en het hom oorwin, met baie slagoffers aan die kant van Israel. Volgens Kronieke het Abia en sy manne 'n groot slagting onder hulle veroorsaak: 500 000 van Israel se uitgesoekte manne het gesneuwel.2 Kronieke 13:17 Daarna het Jerobeam vir die res van sy bewind nie veel van 'n bedreiging vir hom ingehou nie2 Kronieke 13:20 en die grens van die stam van Benjamin is herstel.
Abia se seun en opvolger, Asa, het in die eerste jare van sy bewind die vrede bewaar, en hy het stede versterk wat deur sy oupa, Rehabeam, gebou is.2 Kronieke 14:7 In die Sefatalaagte by Maresa is die Koesjiet Serag en sy miljoen manne en 300 strydwaens deur Asa se 580 000 manne verslaan.2 Kronieke 14:10
In sy 36ste jaar het koning Baesa van Israel met 'n veldtog teen Juda begin. "Hy het die stad Rama [naby Jerusalem] in 'n vesting omskep om te verhoed dat mense heen en weer beweeg na en van koning Asa van Juda."2 Kronieke 16:1, 1983-vertaling Asa het silwer en goud na koning Ben-Hadad van die Arameërs in Damaskus gestuur en hom gevra om sy vredesverdrag met Baesa te beëindig, en Ben-Hadad het ingestem. Asa het toe sy leëraanvoerders gestuur om die stede van Israel aan te val, en hulle het Ijon, Dan, Abel-Majim en al die voorraadstede in Naftali verower. Baesa moes noodgedwonge sy magte aan Rama onttrek.2 Kronieke 16:4
Asa se opvolger, Josafat, het die beleid jeens Israel verander en eerder verbonde en samewerking met die noordelike koninkryk nagestreef. Dié samewerking het tot 'n ramp vir die koninkryk gelei met die slag van Ramot-Gilead.2 Konings 22:1-33
Josafat se opvolger, Joram, het 'n verbond met Israel gesluit deur te trou met Atalia, die dogter van Agab. Ondanks sy verbond met die sterker noordelike koninkryk, was Joram se heerskappy oor Juda wankelrig. Die Edomiete het in opstand gekom en Joram moes noodgedwonge hulle onafhanklikheid erken. In 'n aanval deur Filistyne, Arabiere en Ethiopiërs is die koning se huis gestroop en sy hele familie weggevoer, buiten sy seun Ahasia.
Botsing van ryke thumb|200px|links|"Aan Hiskia, seun van Agas, koning van Juda": 'n Koninklike seël wat in Jerusalem ontdek is.