Magnesiumchloried is 'n sout van magnesium en soutsuur met die formule . Dit is 'n higroskopiese en diamagnetiese stof.

Strukture Watervrye magnesiumchloried kristalliseer in die gelaagde romboëdriese (trigonale) -struktuur (C19 in die strukturbericht-klassifikasie. Die magnesiumione is oktaëdries omring deur chloriedione.

Die sout vorm 'n paar hidrate. Wat verhandel word is gewoonlik die heksahidraat , wat as die mineraal bischofiet in die natuur voorkom. Verhitting onder stikstof kan egter ook die tetrahidraat (teen 90°C) en die dihidraat (teen 120 °C) vrystel. Hoër temperature lei tot verlies van HCl en uiteindelik die vorming van die oksied MgO.

Produksie Magnesiumchloried kan uit seewater of uit soutneerslae ontgin word. Dit kom veral in die vorm van die mineraal carnalliet voor. Dit is 'n dubbelsout van KCl en .

Gebruike Magnesiumchloried word medies as dieetaanvulling gebruik.

Gesmelte magnesiumchloried word vir die vervaardiging van die metaal magnesium gebruik deur dit aan elektrolise te onderwerp. Gekonsentreerde oplossings van die sout kan gemeng word met -poeier om 'n pap te maak wat tot 'n soort sement verhard deur die vorming van oxichloriede.

Die stof het ook heelparty industriële toepassings:

Dit word as katalisator of draermateriaal vir katalisators gebruik Dit word in rubberkabels, mynkabels, mariene kabels en ander nywerhede gebruik . Dit kan die kabel se weerstand teen roes, sure en hoë temperatuur verbeter. Dit vergroot die werkstabiliteit onder strawwe toestande. Dit word vir mediese rubberprodukte, kleefmiddels ensomeer gebruik. Dit word by die industriële vervaardiging van gekonsentreerde salpetersuur gebruik, hoofsaaklik vanweë sy waterabsorpsie-effek in die produksieproses Dit word by die vervaardiging van gevorderde kleefmiddels gebruik. Dit verbeter die stoorstabiliteit van die gom. Dit word as vlamvertrager gebruik om die brandweerstand te verbeter. Dit word as 'n bymiddel in veevoer gebruik. Dit kan siektes van die senustelsel, wat veroorsaak word deur onvoldoende magnesium, vermy. Industriële magnesiumchloried word in hoëtemperatuurbedrywighede gebruik, soos in oonde vir staalvervaardiging in die yster- en staalindustrie. Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings chloried