Anatomie d'une chute (Afrikaans: Anatomie van 'n val; Engelse titel: Anatomy of a Fall) is 'n Franse rolprent uit 2023 wat geregisseer en geskryf is (saam met Arthur Harari) deur Justine Triet.
Verhaal Sandra is 'n Duitse skryfster wat in hegtenis geneem word op 'n aanklag van moord, nadat haar man onder verdagte omstandighede gesterf het. Tydens die gevolglike hofsaak probeer sy om haar onskuld te bewys.
Rolverdeling Sandra Hüller as Sandra, met Swann Arlaud, Milo Machado-Graner, Jehnny Beth, Saadia Bentaieb en Samuel Theis.
Vervaardiging Op 10 Julie 2021 meld Variety dat Les Films Pelleas en Les Films de Pierre die vierde film van Justine Triet, Anatomie d'une chute, sou vervaardig. Die draaiboek is geskryf deur Triet en Arthur Harari.Les Films Pelleas Readies Female-Driven Slate With New Films By Justine Triet, Danielle Arbid, Katell Quillevere, Variety, 10 Julie 2021 Die film word beskryf as "'n Hitchcockiaanse prosedurele riller". Dit is Triet se tweede samewerking met Sandra Hüller, na die rolprent Sibyl uit 2019.Sandra Hüller and Swann Arlaud are filming Anatomy of a Fall, Cineuropa, 10 Maart 2022
Verfilming het plaasgevind van Februarie 2022 tot 13 Mei 2022 in die Auvergne-Rhône-Alpes in Maurienne en Villarembert in die département Savoie, en in Montbonnot-Saint-Martin en Grenoble in die département Isère.Charente-Maritime : Justine Triet revient sur les trois semaines de tournage d’Anatomie d’une chute, Sud Quest, 3 Mei 2022 Verfilming is ook gedoen in Charente-Maritime en in Parys.Anatomie d’une chute, de Justine Triet en sélection officielle à Cannes, La Région Auvergne-Rhône-Alpes, 14 April 2023
Vrystelling en ontvangs Anatomie d'une chute se première het op 21 Mei 2023 tydens die 2023 Cannes-rolprentfees plaasgevind,The films of the Official Selection 2023, festival-cannes.com, 13 April 2023 waar dit met die Palme d'Or bekroon is.Justine Triet wint Gouden Palm op filmfestival Cannes met "Anatomie d'une chute": derde vrouwelijke winnaar ooit, vrt nws, 27 Mei 2023 Die rolprent het positiewe resensies ontvang van kritici.
Pryse en nominasies JaarPrysKategorieGenomineerde(s)Uitslag2023 2023 Cannes-rolprentfees Palme d'Or Justine Triet gewen Palme Dog MessiCannes: ‘Anatomy of a Fall’ Border Collie Messi Wins Palm Dog in Most Competitive Canine Contest Yet, The Hollywood Reporter, 26 Mei 2023 gewen
Verwysings
Eksterne skakels Anatomie d'une chute by Cannes-rolprentfees
Kategorie:Franse rolprente