Lantaanoksied is 'n verbinding van lantaan en suurstof met die chemiese formule .

Die stof is higroskopies.

Kristalstruktuur Lantaanoksied kristalliseer in 'n trigonale struktuur wat die argetipe is van die D5-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Daar is heelparty oksiede van ander seldsame aarde en 'n aantal metaallegerings wat hierdie struktuur besit, soos: α-, α-, , , , , , , , en .

Hierdie struktuur word ook die A-tipe seskwioksied (A--tipe) genoem. (Sien: lantaniedoksiede). Die metaalione het 'n ongewone sewevoudige koördinasie deur suurstofione. Lantaanoksied kan met ander oksiede mengkristalle vorm soos die reeks (x<0,1) wat ook as :Eu weergegee word. Hierdie gedoteerde vorms het luminesserende eienskappe.

Teen hoë temperature vind twee faseoorgange plaas. Teen 2313K skakel die struktuur om na die heksagonale H-tipe -struktuur en teen 2373K na die X-tipe-struktuur.

Daar is berig dat die stabiele laetemperatuurfase eintlik die C-tipe sou wees, wat teen 500 °C na die A-tipe oorgaan, maar die materiale wat hierdie oorgang vertoon, bevat nog vlugtige komponente. Die C-tipe-struktuur word dalk deur -ione gestabiliseer en hierdie materiale is nie suiwer oksiede nie.

Chemiese eienskappe Lantaanoksied kan uit die elemente vervaardig word:

Die oksied kan nes kalsiumoksied in water geblus word, wat baie hitte vrystel:

Lantaanoksied kan gebruik word om lantaanfluoried te verkry:

Die ammoniumfluoorlantanaat kan teen hoër temperature ontbind word:

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van lantaan