duimnael|Die Amerikaanse Capitol Die Amerikaanse Kongres (Engels: United States Congress) is die wetgewer van die federale regering van die Verenigde State van Amerika. Dit bestaan uit twee kamers: 'n Laerhuis: Die Huis van Verteenwoordigers (House of Representatives) wat uit 435 lede bestaan wat elk vir 'n termyn van twee-jaar verkies word. 'n Hoërhuis: Die Senaat (Senaat) bestaande uit 100 lede wat elk 'n ses-jaar termyn dien.
Die Kongres word in die Capitol in die Amerikaanse hoofstad Washington, D.C. gehuisves.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Regering van die Verenigde State van Amerika