Tetra-ourikupried is 'n gedeë legering van goud en koper wat as mineraal gevind word. Dit het die algemene chemiese formule of .

Dit word op verskeie plekke in die wêreld aangetref. In Suid-Afrika kom dit in die Palaboramyn in Phalaborwa en op die Mooihoekplaas in Burgersfort voor, albei in Limpopo.

Dit is die eerste keer ontdek in platinumhoudende ultrabasiese gesteentes in die Sardala-gebied van Xinjiang, China. Tetra-ourikupried is die enigste mineraalspesie wat goud bevat maar ook 'n verhoogde vlak van Pt toon, soos in die geval van 'n ofioliet-geassosieerde plaser by Bolshoy Khailyk, westelike Sayans, Rusland. Tetra-ourikupried kan soveel as ~30 mol% van 'n "PtCu"-komponent inkorporeer, klaarblyklik sonder noemenswaardige verandering van die eenheidsel.

Kristalstruktuur Tetra-ourikupried kristalliseer in 'n tetragonale struktuur. Dit is 'n geordende weergawe van die A-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie wat koper en goud gemeen het. Die ordening kan pseudokubies weergegee word as 'n afwisseling in lae soos in die beeld hiernaas, maar dit is nie die kleinste primitiewe sel nie. 'n Kleiner sel kan gekies word deur die a- en b-asse 45° te draai en (½½0) en (½0) as nuwe asse te kies. Hierdie nuwe tetragonale sel het die helfte van die pseudokubiese sel se inhoud. Hierdie tetragonale struktuur is die argetipe van die L1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Daar is heelparty legerings wat hierdie struktuur besit, soos FePt, (Ni,Fe)Pt, (Cu,Fe)Pt, AgTi, AlTi, BiLi, BiNa, CoPt, FePd, FePt, GaTi, HgPt, HgTi, HgZr, InPu, IrMn, IrNb, IrV, MnNi, MnPt, MnRh, NiPt, PtV, PtZn, en RhTl.

As legering van koper en goud kan tetra-ourikupried geskryf word as met x= 0,5. Daar is twee ander minerale in die Au-Cu-stelsel, bogdanoviet met x≈0,75 en ourikupried met x≈0,25. Hulle het albei 'n L1-struktuur. Teen hoër temperature verloor hierdie stowwe hul orde en kry dit 'n wanordelike A1-struktuur met 'n volledige reeks mengkristalle (vaste oplossings) van x=0 tot x=1.

Verwysings

Kategorie:Legerings