Chroom(III)chloried is 'n sout van chroom in sy +3 oksidasietoestand met soutsuur. Sy chemiese formule is

Kristalstruktuur Watervrye chroomtrichloried kristalliseer in 'n trigonale struktuur wat die argetipe van die D0-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Dit is 'n gelaagde toebroodjiestruktuur met chroomione in oktaëdriese holtes tussen twee chloriedioonlage met digpakking.

Chroom(III)chloried vorm hidrate soos die heksahidraat .6. Dit het 'n romboëdriese, trigonale struktuur (ruimtegroep Rc, nommer 167; a=1183,4; c=1189,9 pm) wat die argetipe van die J2 struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.

Die heksahidraat het twee isomere wat geskryf kan word as .2 wat donkergroen is en .2 wat liggroen is.

Ontleding met TGA het gewys dat die stowwe albei water en HCl verloor teen hoër temperature en uiteindelik oplewer pleks van die watervrye chloried.

Magnetiese en elektriese eienskappe is 'n gelaage verbinding met Van der Waals-binding tussen die lae. Dit maak die eienskappe baie anisotroop. Dit is ook moontlik om lae te vervaardig wat uit net een Cl-Cr-Cl-toebroodjie bestaan, analoog aan grafeen en grafiet. Die chroomione het 'n konfigurasie met hoëspintoestand met drie 3d-elektrone (t). In die toebroodjielae is ferromagnetiese ordening, onder T=16K orden die lae antiferromagneties aan mekaar. Die magnetiese moment het 'n waarde dig by die teoretiese

Die materiaal is 'n Mott-isolator as gevolg van sterk exchangekorrelasies in die halfgevulde t-band. Die bandgaping is ongeveer 3,1 eV.

De chloried vorm 'n volledige reeks mengkristalle met waarin die bandgaping lineêr afneem tot ongeveer 2,5 EV en die T toeneem tot 31K. Al die meetgegewes van die magnetiese susseptibiliteit kan met 'n Curie-Weiss-wet verklaar word. Die Curie-Weiss-temperatuur Θ neem lineêr toe van 30K vir die chloried na ongeveer 47K vir die bromied. Die magnetiese moment van al die mengkristalle lê dig by die teoretiese waarde van μ=3,87 Bohrmagneton.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van chroom Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 167