Chroom(VI)oksied oftewel chroomsuuranhidried of chroomtrioksied is 'n verbinding van chroom in sy hoogste 6+ oksidasietoestand met suurstof. Die chemiese formule is . Dit is een van verskeie oksiede van hierdie metaal. Die stof is 'n sterk oksideermiddel en in teenstelling tot chroom(III)oksied baie toksies en kanakerverwekkend. Dit is 'n klas I karsinogeen volgens die International Agency for Research on Cancer (IARC)

Dit is oplosbaar in water, etanol, diëtieleter, swawelsuur en salpetersuur. Dit is higroskopies en blootgestel aan vogtige lug vervloei dit.

Die oksied is teen hoër temperature effens vlugtig. Sy dampdruk is p~14,17 10 Torr @ 468K en kan 448<T<468 K beskryf word as:

Kristalstruktuur Chroomtrioksied kristallisser in 'n ortorombiese struktuur wat oneindige polimere kettings van []-tetraëders bevat wat hoeke deel. Die Cr-O-afstand van die brugsuurstof atome is 174,8 pm en die eindstandige suurstofatome s'n is 159,9 pm. Die Cr-O-Cr-hoeke is 143°

Chemiese eienskappe Chroom(VI)oksied is 'n suur oksied dat bv. reageer met kaliumkarbonaat onder vorming van kaliumchromaat:

Onder verhitting ontleed chroom(VI)oksied na chroom(III)oksied en stel suurstof vry:

Omdat dit effens vlugtig is dan dit by reaksies van met ander oksiede tot chemiese damptransport aanleiding gee.

Gebruike Dit word as katalisator gebruik vir die kopolimerisasie van 1-hekseen met eteen om (LLDPE)poliëteen te vorm.

'n Ander, elektrochemiese aanwending is in chroomplatering, koperstroop, en aluminiumanodisering.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings oks