KV13 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is gebou en versier vir die adellike amptenaar Bai van die 19de Dinastie. Volgens 'n potskerf met 'n inskripsie is Bai deur farao Siptah laat teregstel. Bai is daarom nooit in sy grafkelder begrawe nie. Ook is geen begrafisvoorwerpe vir Bai gevind nie.
Die grafkelder is later deur twee prinse van die 20ste Dinastie gebruik. Hulle was Mentoeherchepsjef, 'n seun van Ramses III, en sy neef, Amoenherchepsjef, 'n seun van Ramses IV.
Verwysings
Skakels Theban Mapping Project: KV13
Kategorie:Vallei van die Konings