KV28 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit bestaan uit 'n kort skag en 'n enkele reghoekige kamer. Dit is sedert die 1830's bekend, want dit is deur John Gardiner Wilkinson genoem. In 1889 het Eugène Lefébure gesê dit bevat dele van mummies en hulle lappe.

Dit is in die 1990's deur Donald P. Ryan verken en hy het die bene van drie individue ontdek, asook fragmente van 'n fles, verskeie stukke hout en erdewerk uit die middel- en vroeë 18de Dinastie. Die eienaars was waarskynlik adellikes omdat hulle so naby Toetmoses IV se grafkelder begrawe is.

Verwysings

Bronne

Skakels Theban Mapping Project: KV28

Kategorie:Vallei van die Konings