KV31 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Net die bopunt van die skag was bekend totdat die Universiteit van Basel in 1910 uitgrawings begin doen het.
Geen vroeëre uitgrawings is bekend nie, hoewel voorgestel is dat die steensarkofaag in 1817 deur Giovanni Battista Belzoni uitgegrawe is. In die grafkelder was 'n mengsel puin van potskerwe en lappe, sowel as die oorblyfsels van vyf mummies wat dateer van die 18de Dinastie.
Uitgrawings Uitgrawings is moontlik in 1817 in dié grafkelder en KV30 deur Giovanni Battista Belzoni gedoen namens die tweede graaf Belmore. As dit korrek is, kom 'n sarkofaag wat Belmore aan die Britse Museum geskenk het, waarskynlik hieruit. Victor Loret het dit in 1898 aangeteken, maar geen uitgrawings is bekend nie.
In Januarie 2010 het die Universiteit van Basel uitgrawings in die vallei begin doen. Dit was dadelik duidelik dat die grafkelder in die verlede deeglik beroof is, want stukke begrafnisvoorwerpe het oral rondgelê. In die sykamers is verskeie mummies en hulle lappe gevind.
Mummies In die twee sykamers is vyf mummies gekry: dié van twee vroue en drie mans, almal tussen 18 en 30 jaar oud. Geen name is by hulle gevind nie. Die styl van die mummifisering stem ooreen met wat in die elite van die middel 18de Dinastie gesien is.
Verwysings
Bronne
Skakels Theban Mapping Project: KV31
Kategorie:Vallei van die Konings