KV53 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in 1906 ontdek deur Edward R. Ayrton, wat uitgrawings namens die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis gedoen het. Dit bestaan uit 'n enkele kamer aan die onderpunt van 'n skag.

Ontdekking in 1906 en inhoud KV53 is in 1906 deur Edward Ayrton ontdek tydens uitgrawings namens Theodore Davis. Ná 'n deeglike ondersoek van die suidelike deel van die syvallei wat na die grafkelder van Amenhotep II (KV35) lei, het uitgrawings geskuif na die ander kant van die pad, noord van KV29. KV53 is ontdek onder latere werkershutte.

Ayrton het opgemerk dat die grafkelder in antieke tye geplunder is, en dat die enigste merkwaardige vonds 'n potskerf was wat opgedra is aan Meretseger en wat "Hora, hoofskriba van die plek van waarheid", noem. Nog sulke skerwe is later gevind.

Uitgrawings van 2009-'10 Uitgrawings het in 2009-'10 weer in die gebied plaasgevind deur 'n span onder Zahi Hawass en Ahmed el-Leithy. In dié uitgrawings is erdewerk, werktuie en fragmente van erdewerk uit die 18de Dinastie ontdek. Dit bevat onder meer 'n skets van 'n sittende koningin, sekstonele met vroue en diere, en cartouches van Ramses II.

Verwysings

Skakels Theban Mapping Project: KV53

Kategorie:Vallei van die Konings