Conophytum smaleorum is 'n sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in die Richtersveld voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1 km² en word deur onwettige plantversamelaars bedreig. Veral sedert Maart 2019 is die spesie in Asië gewild.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

smaleorum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika