Kobalt(II,III)oksied is 'n gemengdevalensieverbinding van kobalt en suurstof met chemiese formule . Dit is 'n swart oksied waarin kobalt in twee oksidasietoestande voorkom: Co en Co. Dit is 'n antiferromagneet onder T=40K. Deur sy gemengdevalensiekarakter besit dit sterk optiese absorpties in die sigbare en infrarooigebeid van die elektromagnetiese spektrum.
Kristalstruktuur Kobalt(II,III)oksied kistalliseer in die normale kubiese spinelstruktuur, was met H1 aangedui word in die strukturbericht-klassifikasie. Die Co-ione het 'n hoëspin 3d-konfigurasie en bevolk die tetraëderholtes in die kubiese digpakking van die oksiedione. Die Co-ioon het 'n laespin 3d-konfigurasie en bevind hom in die oktaëderholtes.
Dit verskil met die yster(II,III)oksied (magnetiet) wat 'n omgekeerde spinelstruktuur het. Albei die Fe en Fe-ione is in 'n hoëspintoestand. Die helfte van die driewaardige ione bevolk die tetraëderholtes. Die oktaëders is besit deur Fe en Fe-ione.
Hoewel die beide stukture diezelfde simmetrie besit is daar 'n gaping in die mengreeks vir 0,76<x<0,93. Onder x=0,76 word mengkristalle met die normale spinelstruktuur gevind. Bokant 0,93 die omgekeerde een.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kobalt