Svetlana Yuryevna Zakharova (, Oekraïens: Світлана Юріївна Захарова; * 10 Junie 1979) is 'n Russiese prima ballerina wat vir die Bolsjoi-ballet dans. Sy is in Oekraïne gebore en is 'n étoile van die La Scala-teaterballetgroep.

Vroeë lewe Svetlana Zakharova is op 10 Junie 1979 in Loetsk in die destydse Sowjetunie gebore. Op die ouderdom van ses is sy deur haar ma geneem om volksdans by 'n plaaslike ateljee te leer, en teen die ouderdom van tien het sy oudisies afgelê en is sy as leerling deur die Kiëf Skool vir Choreografie aanvaar. Valeria Sulegina was een van haar onderwysers.A Young Ballerina Learns to Walk Through Open Doors, biografie van Svetlana Zakharova deur Gia Kourlas, The New York Times, 21 Julie 2005.

In 1995, na ses jaar by die Kiëf-skool, het Zakharova vir die Jong Dansers-kompetisie (Vaganova-Prix) in Sint Petersburg ingeskryf. Sy was die jongste deelnemer en het die tweede prys gewen, en is genooi om haar opleiding voort te sit in die kursus van die Waganowa-akademie van Russiese Ballet in Sint Petersburg./06/11/110609_zakharova.html Svetlana Zakharova – The embodiment of joy and beauty, artikel deur Elena Fyodorenko, 11 Junie 2009. Dit was die eerste keer in die skool se geskiedenis dat 'n student toegelaat is om twee grade oor te slaan.Svetlana Zakharova, aankondiging, program La Bayadère, die Belgrad Musiekfees, 26 Oktober 2015.

Nadat sy dié prestigeryke Russiese balletskool vir 'n jaar bygewoon het, het sy in 1996 aangesluit by die Mariinsky-balletgeselskap.

Mariinsky-ballet Zakharova het haar debuut met die Mariinsky-ballet in 1996 gemaak en het as Maria saam met Ruben Bobovnikov verskyn in Rostislav Zakharov se The Fountain of Bakhchisarai.

Zakharova is op 18-jarige ouderdom, na haar eerste jaar saam met die Mariinsky, bevorder na hoofdanser. Haar eerste hoofdansvennoot was Igor Zelensky.Svetlana Zakharova se blad by die Bolsjoi-teater Olga Moiseyeva was haar afrigter.

Bolsjoi-ballet Teen 2003 was Zakharova begerig om die Mariinsky te verlaat, en het sy na die Bolsjoi-ballet oorgeskuif. Haar vertrek van die Mariinsky-ballet was glo weens ongelukkigheid met dié balletgeselskap, sowel as 'n persoonlike aanbod wat sy ontvang het van die legendariese danser Vladimir Vasiliev.

Zakharova word afgerig deur Lyudmila Semenyaka.

Zakharova se pad na roem Vanaf 1999 het Zakharova gereeld as gas en solis by die Paryse Opera opgetree, waar sy saam met die Franse choreograaf Pierre Lacotte gewerk het. Lacotte word beskou as een van die voorste kenners van klassieke ballet--au-palais-garnier.htm Danse : les nouveaux visages de « Paquita » au Palais Garnier, artikel deur Philippe Noisette, Les Echos, 5 Mei 2015. en het bygedra tot die loopbane van Evgenia Obraztsova en Hannah O'Neill. Svetlana Zakharova was die eerste Oekraïens-gebore Russiese hoofdanser wat in Parys opgetree het en het vanaf 2000 'n wêreldster geword.

Suksesvolle opdragte het hierna gevolg, wat gewissel het van groot klassieke rolle soos Giselle, Odette-Odile in "Swanemeer", Aurora in "Doringrosie", en Nikiya in "La Bayadère," tot moderne werke soos Balanchine se "Serenade", "Simfonie in C". " en "Apollo", sowel as McMillan se "Manon" en Neumeier se "Now and Then".html The embodiment of joy and beauty, artikel deur Elena Fyodorenko, Russia Now, 11 Junie 2009.

By die La Scala Teaterballetgroep in Italië het Zakharova saam met haar dansmaat Roberto Bolle in Swanemeer, Giselle, Doringrosie en La Bayadère gedans.

Ander noemenswaardige verskynings was Zakharova se verskyning as een van die dansers in die 2006-dokumentêre prent Ballerina. Sy het haar eie TV-program (Svetlana), 'n fees van kinderdans wat van 2015 tot 2018 aangebied is, op Russiese televisie aangebied, Vanaf Julie 2020 bied sy ook "Bolshoi Ballet", 'n balletkompetisie vir professionele balletdansers, aan. Sy het in haar eie solo-program, "Modanse" ('n meer moderne ballet) en "Coco", 'n eerbetoon aan Coco Chanel, verskyn, met kostuums van die gelyknamige ontwerpershuis.

Pryse 1997 : Vaganova-Prix Jong dansers-kompetisie, Sint Petersburg (2de prys) 1999 : Gouemasker vir Serenade 2000 : Gouemasker vir Doringrosie 2005 : Prix Benois de la Danse vir Hippolita (Titania) in A Midsummer Night's Dream 2006 : Staatsprys van die Russiese Federasie 2008 Volkskunstenaar van Rusland 2008 Verkies as afvaardiger van die Russiese parlement (Duma) 2015 : Prix Benois de la Danse vir Marguerite Gautier in "The Lady of the Camellias" deur John Neumeier, en Mekhmene-Banu in "Légende d'amour" deur Yury Grigorovich

Persoonlike lewe Zakharova is getroud met die Russiese violis Wadim Repin, en hulle het een kind, 'n dogter genaamd Anna (geb. 2011). Sy het haar onttrek aan die Bolshoi Ballet-toer na Londen in die somer van 2010 as gevolg van 'n heupbesering; sy was toe swanger. Zakharova het teruggekeer na dans en in Londen opgetree op 15 Mei 2011, in 'n gala-opvoering ter viering van die Sowjet-ballerina Galina Ulanova.

Die Italiaanse danser Roberto Bolle is een van haar gunsteling dansvennote.

Zakharova is 'n lid van die Verenigde Rusland Party, en is 'n ondersteuner van die Russiese president Wladimir Poetin en die Krim se toetrede tot die Russiese Federasie in 2014, wat haar verhouding met die Kiëfse Choreografiese Skool vertroebel het.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Svetlana Zakharova's blad, by die Bolsjoi-teater

Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Ballet Kategorie:Dansers