Kovelliet is 'n sulfidiese kopermineraal met algemene formule . Dit is 'n belangrike kopererts.
Kristalstruktuur Kovelliet kristalliseer in 'n taamlik ingewikkelde heksagonale struktuur wat die argetipe van die B18-tipe van die strukturbericht-klassifikasie is. Eenderde van die koper- en swaelatome vorm 'n plat seshoekige laag soos in grafiet of liewer heksagonale boornitried. Die omringing in die laag is drievoudig vir albei die atoomsoorte. Tweederde van die swaelatome vorm -pare (soos in piriet) wat loodreg op die BN-lae staan. Die ander koperatome is in 'n tetraëdriese omringing. Ten spyte van die stoigiometrie bevat die stof geen -ione nie.
Verwysings