Kalsiuminosilikaat of (verouder) kalsiummetasilikaat is 'n sout van kalsium en (meta)kieselsuur.

Kristalstruktuur Die stof kristalliseer in 'n trikliniese struktuur met kettings van silikaattetraëders in die b-rigting van die sel ewewydig aan kalsiumatome in oktaëdriese omringing. Die struktuur het egter politipes met 'n a-as wat 2,3,4,5 of 7 maal langer is. Die 1A-struktuur kom in die natuur voor as die mineraal wollastoniet. Die 2M-struktuur word ook parawollastoniet genoem. Dit is monoklinies met c=706,6pm; b=732,0 pm; c=1542,6 pm β=95,404°. P2/c #14. Hierdie struktuur is eers beskryf en het van Gottfried die strukturbericht-klassifikasie S3 ontvang. Ongelukkig het Gottfried hierdie nommer eerder ook aan crancriniet gegee. Parawollastoniet is daarom S3 (II).

Gebruike Kalsiuminosilikaat is 'n afvalproduk van die ysterproduksie. Dit vind egter wye aanwending as vervanging van asbes vanweë sy groot termiese stabiliteit.

Verwysings

Kategorie:S3 (II)-strukture Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 14 Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kalsium