Waterstoftelluried is 'n verbinding van waterstof en telluur in sy -2 oksidasietoestand en formule . Die soute word telluriede genoem.
Dit is 'n toksiese, brandbare en baie onwelriekende gas wat oplosbaar is in water. Dit is 'n suur wat amper so sterk soos fosforsuur is.
Die vorming van die verbinding is endotermies en dit kan nie uit die elemente gevorm word nie. Gewoonlik word dit deur hidrolise van 'n metaaltelluried soos of vervaardig. Natriumtelluried kan vervaardig word deur telluur in watervrye vloeibare ammoniak op te los en te laat reageer met natrium.
los in water, alkohol en basisse op, maar die gas is in lug nie stabiel nie en ontbind vinnig deur oksidasie in telluur en water.
Reagens Waterstoftelluried word in die organiese chemie as reduserende reagens gebruik. Dit reduseer α,β-onversadigde karbonielverbindings tot ketone teen milde temperature. Teen hoër temperature, na langer reaksietye of met 'n oormaat word die alkohole gevorm. Aromatiese nitro-verbindings word tot anilines gereduseer. Hierdie reaksie is doeltreffender wanneer dit in THF uitgevoer word. NaHTe is nie as vastestof geïsoleer nie, maar dit vorm in oplossing. Dit hidrogeneer olefiene.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van telluur