Waterstofselenied is 'n verbinding van waterstof en seleen in sy -2 oksidasietoestand en formule . Die soute word seleniede genoem.
Dit is 'n toksiese, brandbare en baie onwelriekende gas wat oplosbaar is in water en 'n matig sterk suur is.
In die liggaam Die stof speel 'n sleutelrol in die sintese van seleenhoudende proteïene. Dit kom in spoorhoeveelhede in die menslike liggaam voor as sy gekonjugeerde basis , die waterstofseleniedioon. Die liggaam kan 'n oorskot van die stof op twee maniere uitskei: deur vorming van selenosuikerverbindings wat in die urine uitgeskei word, of deur reaksie met S-adenosielmetionien (SAM) wat die vlugtige dimetielselenied oplewer wat uitgeasem word:
Gebruike word óf as 'n reduseermiddel gebruik óf vir addisie aan onversadigde molekules. Dit word as reagens in organiese reaksies gebruik, bv. in invoeging in 'n nitril met funksionele groep -C≡N (sianied) wat 'n seleenamied - oplewer. Dit reageer ook met karbodiïmiede en vorm 'n selenoüreum. Disikloheksielkarbodiïmied word soms gebruik om 'n stof te verkry wat met radioaktiewe Se gemerk is.
Reaksie van die suur met 'n oplossing van natriumhidroksied lewer natriumwaterstofselenied, wat ook as reagens gebruik word:
Natriumwaterstofselenied is 'n kristallyne vastestof wat makliker en veiliger is om as reagens te gebruik as die toksiese en onwelriekende gas self. Die gas kan indien nodig in situ gevorm word deur hidrolise van seleniede soos aluminiumselenied .
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van seleen