220px|thumb|Taksim Gezi-park.
Taksim Gezi-park is 'n stedelike park langs Taksim-plein in Istanboel se distrik Beyoğlu (histories bekend as Pera). Dit is een van die laaste groen ruimtes in Beyoğlu en een van die kleinste parke in Istanboel. In Mei 2013 het planne om die park te vervang met 'n rekonstruksie van die voormalige Taksim- Militêre Kasernes (wat in 1940 gesloop is), gelei tot die landwye Turkse betogings van 2013.
Geskiedenis thumb|220px|Die Taksim- Militêre Kasernes (1806), wat in 1921 in die Taksim-stadion verander is. Die gebou is tussen 1939 en 1940 gesloop om plek te maak vir die suidelike deel van die Taksim Gezi-park. Die Taksim Gezi-park is geleë op die voormalige terrein van die Taksim- Militêre Kasernes, 'n groot en vierkantige militêre kasernekompleks wat in 1806 opgerig is en 'n groot, oop paradegrond bevat het.
Van 1560 tot 1939 was die Pangaltı- Armeense begraafplaas in die noordelike deel van vandag se Gezi-park geleë.Google Earth: Map of Taksim Gezi Park, showing its northern and southern sections
In 1936 is die Franse argitek en stadbeplanner Henri Prost deur president Mustafa Kemal Atatürk na Turkye genooi om Istanboel te herbeplan en herbou. Dit het tot in 1951 geduur. Die begraafplaas is deur die Turkse regering gekonfiskeer as deel van Prost se planne om Taksim Gezi-park te bou en dit is in 1939 verwoes. In 2013 is 16 grafstene ontdek.
Betogings van 2013
260px|duimnael|links|220px|Betogers in Junie 2013 op Taksim-plein.
Op 28 Mei 2013 het protesoptogte begin teen planne om die Taksim Gezi-park met 'n winkelkompleks en moontlike woonstelblok te vervang. Dit het in betogings omgesit toe 'n groep begin om Taksim-plein te beset en die polisie probeer het om dit te onderdruk.http://www.ejolt.org/2013/06/turkeys-tree-revolution-part-2-everyday-im-chapulling/ Turkey’s Tree Revolution – part 2: Everyday I’m chapulling - EJOLT 12 June 2013- retrieved 30 August 2013
Die betogings het ook na ander Turkse stede versprei, asook na ander lande met Turkse gemeenskappe.
Op 31 Mei 2013 het die polisie betogings met traangas en waterslange onderdruk. Teen 10 September 2013 is agt mense in die betogings gedood. Nog meer as 8 500 is beseer.Medyatava: "Gezi protestolarında ölen 7 kişi için 7 ülkede, 7 kişi, 7 dakika durdu!" (29/07/2013)
Verwysings
Skakels
Kategorie:Istanboel Kategorie:Geskiedenis van Turkye