Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (Arabies: الجمهورية العربية الصحراوية الديمقراطية, Al-Jumhūrīyya Al-`Arabīyya Aṣ-Ṣaḥrāwīyya Ad-Dīmuqrāṭīyya, Spaans: República Árabe Saharaui Democrática) is 'n land wat voorheen as Spaanse kolonie Spaans-Sahara bekend gestaan en op 14 November 1975 van Spanje onafhanklik geword het. Dit is geleë in Noord-Afrika, suidwes van Marokko en Algerië asook noordwes van Mauritanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara in die Atlantiese Oseaan. Die SADR is op 27 Februarie 1976 deur die Polisario in die gebied Wes-Sahara geproklameer. Carta de Proclamación de la Independencia de la República Arabe Saharaui Democrática, Bir Lehlu, 27 Februarie 1976 by ARSO
duimnael|links|Kaart van Wes-Sahara duimnael|links|Politieke situasie in Wes-Sahara duimnael|links|Internasionale erkenning van Wes-Sahara: duimnael|links|Ligging van die Marokkaanse Muur in Wes-Sahara In Julie 2004 het Wes-Sahara 'n bevolking van sowat 267 405 gehad. Die oppervlak van die land is ongeveer 266 000 vierkante kilometer. Dit is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk maar met 'n totale bevolking kleiner as die meeste stede in Suid-Afrika.
Bevolking Die etniese samestelling van die bevolking is oorwegend Sahrawis, letterlik bewoner van die Sahara of woestynbewoner ('n mengsel van Arabiere en gearabiseerde Imazighen (Berbers)) en Arabiere uit Marokko, wat formeel gesien koloniste is. Sahara (Arabiese uitspraak: Sachara) beteken "woestyn" in Arabies. Byna die hele bevolking van Wes-Sahara is Moslems.
Politiek Alhoewel Marokko aanspraak maak op die land, erken meer as 70 lande, waaronder Suid-Afrika, die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek (SADR) as soewereine owerheid van die land en is die republiek selfs 'n lid van die Organisasie vir Afrika-eenheid en die opvolgende Afrika-unie. Marokko was nie lid van albei organisasies nie, omdat dié land Wes-Sahara nie erken as onafhanklike land nie. Op 30 Januarie 2017 het Marokko egter lid van die Afrika-unie geword, hoewel die Wes-Sahara-konflik nie opgelos is nie. Die setel van die SADR is tans in Algerië. Geen enkele staat ter wêreld erken die anneksasie van Wes-Sahara deur Marokko na die land se onafhanklikheid van Spanje nie, maar sommige lande, soos Frankryk en Nederland, erken ook nie Wes-Sahara as 'n onafhanklike land nie. worldstatesmen.org: SADR relations
Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder hulle mag (in die suidooste), die res word deur Marokko bestuur. Die grens tussen die twee lande vorm die Marokkaanse Muur.
Die hele bestuur van die SADR bestaan uit Polisario-lede. Polisario is 'n guerillaleër wat in 1973 gestig is en sedertdien vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing veg.
Die beplande hoofstad Laâyoune (El Aaiún) lê in die Marokkaanse deel van Wes-Sahara, solank vorm Tifariti die voorlopige hoofstad en Tindouf in Algerië die regeringsetel.
Die Verenigde Nasies beplan 'n referendum oor die toekoms, terwyl Marokko net outonomie aanbied.
Verwysings
Eksterne skakels
Polisario-delegasie in Spanje
Kategorie:Omstrede gebiede Kategorie:Voormalige Spaanse kolonies Kategorie:Wes-Sahara Kategorie:Arabiese wêreld