duimnael|Tameletjies 'n Tameletjie is 'n tuisgemaakte toffiekoekie wat prominent in die Afrikaner- en Maleisiese kulture van Suid-Afrika verskyn. Die soetigheid word gemaak van suiker en water wat gekook is tot dit gekaramelliseer het en dan laat staan is om af te koel om 'n harde soetding te vorm. Daar is baie variasies van die soetding wat verkry word deur amandels, dennepitte of klapper by die resep te voeg.

Oorsprong Die tameletjie is een van die oudste gebak in Suid-Afrika. Dit het destyds ontstaan as gevolg van die invoer van suikerriet uit China en die Oos- en Wes-Indiese eilande. Die Maleise setlaars in die Kaap was die eerstes wat die resep gewild gemaak het en verskillende bestanddele by die resep gevoeg het, soos dennepitte, wat geredelik beskikbaar was as gevolg van die groot plantegroei van dennebome in die Kaap. Alhoewel suiker 'n relatief duur kommoditeit was, was die tameletjie die enigste soetigheid wat die setlaars gehad het, of kon maak, sodat dit algemeen geword het. Die Maleiers was bekend daarvoor dat hulle kos in die strate van Kaapstad verkoop het, en so het die tameletjie 'n gewilde bederf onder Europeërs en ander inwoners geword.

Soos die soetding meer gewild geraak het, is dit in verskillende kulture aangeneem wat gelei het tot variasies van die tameletjie. Dit is gewild in verskillende kulture en het 'n geskiedenis anders as die lekkers wat vandag in winkels gevind word.

Metaforiese gebruik van die naam "Tameletjie" is 'n wydgebruikte woord in Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse mediapublikasiesWhitfield, B. Die 20twenty–tameletjie. FINWEEK (Finansies & Tegniek) asook akademiese artikels. Die woord word meestal in die liggaam van die artikels gebruik, maar is ook algemeen binne titels. Dit word ook wyd gebruik in publikasies oor verskillende onderwerpe wat wissel van ekonomiese, landbou- en omgewingsake, regs- en politieke sake, tot onderwys, taal en godsdienstige sake om 'n moeilike situasie te beskryf.

Bestanddele Die soetding word gemaak van meel, suiker, water en dennepitte of amandels. Dennepitte is oorspronklik gebruik, hoewel amandels 'n gewilde alternatief is.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse kookkuns