Kruiderysous (Engels: Monkey gland sauce) is 'n tafelsous met sy oorsprong in Suid-Afrika. Dit word sedert die 1930's as 'n restaurant-item beskikbaar gestel, wat 'n Suid-Afrikaanse restaurant en kitskos-stapelspesery geword het. Dit is 'n dik, soet en pikante sous, donker van kleur. Dit word tipies bedien as 'n bolaag vir gebraaide steaks of hamburgers, maar word ook gebruik as 'n marinade, 'n doopsous vir uieringe, of op gebakte aartappels.
Bestanddele Die hoofkomponente van kruiderysous is blatjang en tamatiesous – wat 'n soet mengsel tot gevolg het. Dan gee 'n byvoeging van uie, asyn, knoffel en Worcestersous dit 'n sout-soet geur.
Naamgewing Ten spyte van sy Engelse naam "monkey gland", bevat die sous geen aapkliere nie.
Daar is verskeie teorieë oor die oorsprong van die sous, maar die mees waarskynlike is dat dit by Franse sjefs by die ou Carlton Hotel in Johannesburg ontstaan het. Die Suid-Afrikaanse kookkuns het souse soos blatjang, tamatiesous en Worcestersous by die Franse geregte gevoeg voordat dit geëet is. So het die ontevrede sjefs al die speserye gekombineer om 'n sous te skep wat hulle kruiderysous genoem het. Daar was destyds bespiegeling dat kruiderysous veroudering kon vertraag.
'n Meer vreemde teorie is dat dit vernoem is na Russies-gebore Franse wetenskaplike, dr. Serge Abrahamovitch Voronoff, wat 'n gereelde besoeker by die Savoy Hotel in Londen was. Een van sy mediese eksperimente het behels die oorplanting van aap-testikelweefsel op impotente mans as 'n kuur. Die hotel het sy gunsteling-steakgereg herdoop tot “monkey gland steak” toe hy bekend geword het. Hierna het 'n oud-Savoy-kelner dit in die 1930's na Suid-Afrika saamgebring.
Verwysings
Kategorie:Geurmiddels Kategorie:Souse Kategorie:Suid-Afrikaanse kookkuns