Thamnea massoniana is 'n meerjarige, blomdraende struik wat deel is van die Bruniaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Du Toit's Kloof tot in die Hottentots-Hollandberge voor. Daar is ses subpopulasies bekend en elkeen bestaan uit ongeveer twintig plante. Die plant is deel van die fynbos. Daar word vermoed dat die populasie nie meer as 1 000 plante kan wees nie. Tans het dit geen bedreigings nie.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
massoniana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika