Daniël Jakobus Eloff (gebore 1994) is 'n Suid-Afrikaanse prokureur, regsadviseur en akademiese navorser. Hy dien sedert 2024 as Hoofregsadviseur in die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester van Kaapstad. Hy was voorheen die jongste direkteur by Hurter Spies Ing., 'n regsfirma in Pretoria, en ’n dosent en navorsingsgenoot by Akademia. Eloff se navorsing fokus op administratiefreg, federalisme, kuberreg en menseregte, en sy publikasies het in eweknie-beoordeelde joernale verskyn.

Vroeë lewe en opleiding Eloff het in 2012 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool gematrikuleer. Hy het die LLB- en LLM-grade aan die Universiteit van Pretoria behaalEloff, Daniël. "A Comparative Inquiry into Internet Neutrality in South Africa". UPSpace Institutional Repository. hdl:2263/78704. Retrieved 1 June 2021 - https://repository.up.ac.za/handle/2263/78704 en later 'n nagraadse diploma in mensereglitigasie by die Universiteit van die Witwatersrand voltooi. Sy LLM-proefskrif se titel was "A Comparative Inquiry into Internet Neutrality in South Africa."Eloff, Daniël. "A Comparative Inquiry into Internet Neutrality in South Africa". UPSpace Institutional Repository. https://repository.up.ac.za/handle/2263/78704

Eloff het as student die UP Debatsvereniging gestig en het die ATKV-Universiteitedebat se kompetisie gewen. Hy het ook in 2015 die prys vir die beste spreker gewen.

Professionele lewe Eloff het in 2019 as kandidaatprokureur by Hurter Spies Ing. begin en is in 2021 die jongste direkteur in die firma se geskiedenis. In 2024 is hy aangestel as Hoofregsadviseur in die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester van Kaapstad. Hy is ook 'n direkteur van Free SA (Foundation for the Rights of Expression and Equality). Eloff dien op die adviesraad van die Universiteit van Pretoria se Konvokasie en is ’n raadslid van die Free Speech Union van Suid-Afrika. Eloff was betrokke by verskeie sake oor onderwys, taalregte, regeringsaanspreeklikheid en openbarebelanglitigasie. Hurter Spies het sedert 2009 sivielereglitigasie vir AfriForum, Solidariteit en ander burgerregte-organisasies hanteer, dus met 'n fokus op aanspreeklikheidslitigasie en die bevordering van die regte van minderhede.

Eloff was betrokke by verskeie hofsake betreffende die Suid-Afrikaanse nasionale ramptoestand wat in reaksie op die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika verklaar is.Hofsake oor die regering se inperkingsregulasies | KN VERSLAG IN GESPREK | 20 MEI 2020 | kykNET. (2020, May 21). YouTube. https://www.youtube.com/watch?v=usy4vKBbb6sCOVID ramptoestand onwettig?| KN VERSLAG IN GESPREK | 25 NOV 2020 | kykNET. (2020, November 25). YouTube. https://www.youtube.com/watch?v=1MBR0g4N3nE Hierdie sake het die gedwonge kwarantyn van Suid-Afrikaners wat uit die buiteland terugkeer, die verbod op alkoholverkope, die sluiting van skole en kleuterskole, sowel as ander inperkingsmaatreëls ingesluit.

In 2026 was Eloff die veldtogbestuurder vir Geordin Hill-Lewis se suksesvolle kandidatuur as Federale Leier van die Demokratiese Alliansie toe Hill-Lewis op 12 April 2026 by die party se Federale Kongres verkies is met 92% van die steun.

Skryfwerk en publikasies Eloff is 'n gereelde skrywer en bydraer vir verskeie aanlyn- en ander publikasies. Hy het ook 'n aantal akademiese artikels gepubliseer oor onderwerpe soos openbarebelanglitigasie, administratiewe reg, kuberreg en kinderregte. Hy het spesifieke publikasies geskryf oor onderwerpe soos internetneutraliteit, die rasionaliteitstoets in inperkingslitigasie,Eloff D ‘The rationality test in lockdown litigation in South Africa’ (2021) 21 African Human Rights Law Journal 1157-1180 - http://www.scielo.org.za/pdf/ahrlj/v21n2/22.pdf die aard van regte en toegang tot die internet,Eloff D ‘The nature of rights and access to the internet’ (2023) 44 Obiter 33-49 - https://obiter.mandela.ac.za/article/view/12594 en meer. Sy ander skryfwerk sluit in artikels oor die algemene databeskermingsregulasie,Eloff D “Unscrambling the General Data Protection Regulation” De Rebus (2018) (Aug) DR 32 - https://www.derebus.org.za/unscrambling-the-general-data-protection-regulation/ regsprivilegie en kuberkraking,Eloff D “Legal professional privilege and Internet hacking” De Rebus (2017) (Nov) DR 17 - https://www.derebus.org.za/legal-professional-privilege-internet-hacking/ en kinderregte in Suid-Afrikaanse skole.Eloff I & Eloff D “Children’s rights and participation in school in South Africa” in Tonon G, ‘Re-defining Children’s Participation in the Countries of the South’ J.B. Metzler (2022) - https://link.springer.com/chapter/10.1007/978-3-662-64167-5_5

Benewens sy betrokkenheid by OntLaer publiseer Eloff gereeld meningsartikels in verskeie media. Hy het onder meer bygedra tot BusinessLIVE, Politicsweb, en The Daily Friend.

Persoonlike lewe Eloff is die seun van prof. Irma Eloff, 'n professor in Opvoedkundige Sielkunde by die Universiteit van Pretoria en 'n ereprofessor aan die Universiteit van Innsbruck (Oostenryk). Hy is ook die broerskind van Theuns Eloff. Eloff, ’n afstammeling van pres. Paul Kruger en sy tweede vrou, Gezina, en ’n agter-agterkleinkind van F.C. (Ryk Freek of Frikkie) Eloff, na wie die woonbuurt Eloffsdal in Pretoria genoem is, en sy vrou, Elsie Eloff-Kruger, is een van vyf kinders.

Omstredenheid In 2019 het 'n sosiale- mediastruweling ontstaan toe Eloff van die sosiale mediaplatform Twitter geskors is nadat hy 'n foto van Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, geplaas het wat glo in besigheidsklas gevlieg het.Head, T. (2019, August 23). Champagne socialist? Julius Malema slammed for flying business class. The South African. https://www.thesouthafrican.com/news/offbeat/champagne-socialist-julius-malema-business-class-flight/ Reporter, C. (2019, August 23). Malema claps back at man who posted photo of him in business class | The Citizen. The Citizen. https://www.citizen.co.za/news/malema-claps-back-at-man-who-posted-photo-of-him-in-business-class/Julius Malema claps back at man who posted snap of him in business class. (n.d.). TimesLIVE. https://www.timeslive.co.za/politics/2019-08-26-julius-malema-claps-back-at-man-who-posted-snap-of-him-in-business-class/

Eloff het die Suid-Afrikaanse regering se behandeling van motoriste tydens 'n voorval op die N1-snelweg wat VIP-polisie betrek het, bevraagteken.Zyl, C. V. (2023, July 8). Motorists assaulted by VIP police allegedly prohibited by SANDF from speaking out. The South African. https://www.thesouthafrican.com/news/motorists-assaulted-by-vip-police-allegedly-prohibited-by-sandf-from-speaking-out-breaking-news-08-july-2023/Roux, C. L. (2023, July 15). VIP highway assault: Suspended blue light officials still get full pay | The Citizen. The Citizen. https://www.citizen.co.za/news/vip-protection-highway-assault-suspended-saps-full-pay-latest/Wicks, B. (2023, July 10). N1 assault: One of the victims considers suing Cele, SAPS for R1m. N1 Assault: One of the Victims Considers Suing Cele, SAPS for R1m.Mitchley, A. (2001, August 24). Motorists assaulted by VIP police on N1 allegedly prohibited by SANDF from speaking about attack | News24. News24. https://www.news24.com/news24/southafrica/news/motorists-assaulted-by-vip-police-on-n1-allegedly-prohibited-by-sandf-from-speaking-about-attack-20230708

Akademiese publikasies Eloff se eweknie-beoordeelde akademiese publikasies sluit die volgende in:

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1994