Die Thomas Baines-natuurreservaat is 'n natuurreservaat van 1005 hektaar in die Oos-Kaap, Suid-Afrika wat deur Oos-Kaapse Parke bestuur word. Dit is in 1961 as 'n munisipale reservaat geskep en in 1980 na 'n provinsiale reservaat opgegradeer. Dit is vernoem na die kunstenaar en ontdekkingsreisiger Thomas Baines wat die streek se flora en fauna opgeteken het.
Die noordelike oewer van die Setlaarsdam vorm die suidelike grens van die reservaat.
Fauna Van die soogdiere wat in die reservaat gevind word, is:
Blouaap Eland Kaapse buffel Kaapse bobbejaan Koedoe Oorbietjie Rooihartbees Sebra Vlakvark
Benewens hierdie soogdiere is daar 175 voëlspesies in die park aangeteken.
Flora Saam met fynbos-plantegroei bevat die reservaat Albanie-ruigtebosveld.
Aktiwiteite Daar is verskeie gewilde aktiwiteite in die park soos wildritte, kanovaarte, kampeer, voëlkyk, seil, baarshengel, omgewingsopvoeding en voetslaan.
Verwysings
Eksterne skakels Thomas Baines-natuurreservaat Oos-Kaapse Parke
Kategorie:Natuurreservate in die Oos-Kaap Kategorie:Koördinate op Wikidata