Hurghada Internasionale Lughawe (IATA: HRG – ICAO: HEGN) is 'n internasionale lughawe in Hurghada in Egipte. Dit is in die binneland geleë, 5 km suidwes van El Dahar, die middestad van Hurghada. Dit is die tweede besigste lughawe in Egipte naas Kaïro Internasionale Lughawe en 'n belangrike bestemming vir ontspanningsvlugte hoofsaaklik vanaf Europa.
Terminaal Die lughawe het tans twee passasiersterminale: terminaal 1 en terminaal 2. Die konstruksie van die nuwe terminaalkompleks het $335 miljoen gekos, wat hoofsaaklik deur die Arabiese Fonds vir Ekonomiese Ontwikkeling gefinansier is. Egipte se minister van lugvaart, Houssam Kamal, het gesê die lughawe sal jaarliks tot 13 miljoen reisigers kan hanteer. Die projek is op 17 Desember 2014 deur president Abdel Fattah el-Sisi ingehuldig Die nuwe terminaal het 'n totale oppervlakte van 92 000 vk meter op drie vlakke. Die vertreksaal het 72 inweegtoonbanke en 20 vertrekhekke.
Landvervoer Motorhuur is beskikbaar by die lughawe. Gereelde taxi's, toeristetaxi's en minibusse opereer ook vanaf die lughawe.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Lughawens in Afrika