Tetrachloormetaan of tetrachloorkoolstof (soms kort tetra of CT) is 'n haloalkaan. Dis 'n verbinding van koolstof en chloor met formule .
Die stof is 'n vloeistof teen kamertemperatuur en dis 'n veelgebruikte apolêre organiese oplosmiddel.
Geskiedenis Tetrachloormetaan was die eerste van die gechlorineerde oplosmiddels wat in algemene gebruik geraak het. Die produksie van kommersiële hoeveelhede het teen 1900 begin. Dit het vinnig verskeie kommersiële en industriële aanwendings gevind, veral as skoonmaakmiddel en as grondstof vir de sintese van chloorfluoorkoolwaterstowwe. Die produkie het in die jare 1970 sy maksimum beleef. Later het die besef deurgedring dat die stof toksiese eienskappe het, die omgewing besoedel en bydra tot die osoonprobleme in die atmosfeer.
Die stof is in verskeie prosesse vervaardig. Die vroegste metode was die chlorinasie van . Vanaf 1950 het pirolitiese chlorinasie van metaan en propaan begin en begin om die -proses te verdring.
Aanwendings Tetrachloorkoolstof is grootskaals vervaardig as 'n oplosmiddel vir olies, vette, vernis, rubberwasse en harse, en as 'n graanberokingsmiddel en 'n droogskoonmaakmiddel. Verbruikers- en berokingsmiddelgebruike is gestaak en slegs industriële gebruike bly oor.
Sien ook Lys van oplosmiddels
Verwysings
Kategorie:Chemie Kategorie:Organiese verbindings