Litiumboorhidried of litiumhidroboraat is 'n gemengde hidried van litium en boor. Kristalstruktuur Litiumboorhidried kristalliseer teen kamertemperatuur in 'n ortorombiese kirstalstruktuur. Die -ione is tetraëdries en elke litium word deur vier waterstofatome verwring-tetraëdries omring. Bo 110 °C vind 'n faseoorgang plaas en kry die stof die wanordelike tafelsoutstruktuur soos natriumboorhidried en die ander alkalimetaalboorhidriede.
Eienskappe Litiumboorhidried is soos natriumboorhidried en die ander alkalimetaalboorhidriede 'n soutagtige stof wat oplosbaar is in water teen hoë pH en in eters soos dimetieleter, diëtieleter, diïsopopieleter, tetrahidrofuraan (THF) en dioksaan. Dit vorm komplekse met eters. Bv. die kompleks met THF het 'n smeltpunt van -35 °C. reageer baie soos die ander boorhidriede (sien natriumboorhidried) maar die komplekseing kan die reaktiwiteit beïnvloed. Bv. die hidrolise is stadiger in dioksaan en THF, maar die termiese stabiliteit van die dioksaanadduk is minder as die boorhidried s'n.
Die stof kan ook deur metatese met metaalchloriede ander boorhidriede vorm, bv. met gallium:
Vervaardiging Daar is verskeie metodes om die stof te vervaardig. Dit kan bv. verkry word deur 'n reaksie van litiumhidried en diboraan in 'n eter. Maar alkoksiede van litium werk:
Dit kan ook uit litiumaluminiumhidried verkry word.
Waterstofberging Litiumboorhidried bevat net ligte elemente en dit is 'n bron van waterstof. Daar is baie navorsing om dié stof vir waterstofberging te gebruik. Die stof kan by verhitting tot 680 °C waterstof vrystel:
Die laaste waterstofekwivalent kan amper nie vrygestel word nie omdat LiH termies taamlik stabiel is. Die boorhidried kan ook onder 690 °C en 200 bar H uit LiH teruggevorm word. Die kinetiek van die dehidrogenasie en rehidrogenasie is egter nie baie gunstig nie. Daar word in 2023 navorsing gedoen om dit te verbeter.
Verwysings
hidried Kategorie:Verbindings van boor